Wees Bly - Vier die AdventtydSample

God se genadige ontferming
Lees: Lukas 1:76-79; Markus 1:40-45; Hebreërs 4:14-16
SOAP: Lukas 1:78-79
"... danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”
Oordenking
Sagaria het pragtig beskryf hoe God se tere genade uit die hemel neergedaal het. Al is God heilig en almagtig, het Hy soos die dagbreek aarde toe gekom. Hy het nie met dodelike energie, soos 'n weerligstraal, gekom om ons te verpletter nie. Hy het ook nie soos 'n meteoriet gekom nie, helder en skouspelagtig, maar vernietigend met impak. In Jesus het God gekom soos 'n sagte, stil sonsopkoms, 'n lig wat eers skaars sigbaar was, maar wat geleidelik helderder en helderder word totdat al die duisternis van die nag verswelg is.
God het uit die hemel gekom omdat Hy genadig is, wat beteken dat Hy deernisvol is en diepe teerheid voel teenoor diegene wat Hy gemaak het. Wanneer Hy ons in ons sonde en skuld sien, is sy hart ontroer, en Hy wil ons help. Hy het vir ons sy Seun gegee, wat die heerlikheid van die hemel verlaat het om een van ons te word en op hierdie aarde te lewe. In plaas daarvan om ons te straf soos ons verdien het, het Hy toegelaat dat sy eie volmaakte Seun ons straf dra, sodat ons vergewe kan word. God help ons nie as gevolg van enigiets wat ons gedoen het, nou doen of in die toekoms sal doen nie. In plaas daarvan doen Hy dit uit sy groot genade en liefde teenoor ons.
Wanneer ons na Jesus in die evangelies kyk, kan ons duidelik God se genade sien. Al was Jesus rein en sonder sonde, het Hy nie geskroom om sondaars te ontvang nie. Hy het lang gesprekke met Fariseërs gehad, aandete saam met tollenaars bygewoon en sondige mans en vroue geroep om Hom te volg. In die verhaal wat ons vandag lees, het Jesus nie net die woorde gespreek om 'n man met die gevreesde siekte van melaatsheid te genees nie. Inteendeel, in deernis het Hy sy hand uitgesteek en hom aangeraak.
Wanneer God in Jesus na ons toe kom, is dit soos die sonsopkoms na 'n lang en koue nag. Hy nader tot ons en onttrek nie van ons nie. Hy neem die duisternis van sonde, vrees, wanhoop en hartseer weg. Die dag sal helderder en helderder word totdat ons Hom in die hemel sien, waar ons vir ewig in sy glorieryke, genesende lig sal lewe. Kom ons sluit by Sagaria aan om ons God, wat so teer is in barmhartigheid, te loof.
Gebed
Hemelse Vader, dankie vir u genadige ontferming, dat U u Seun gestuur het en dat U dag na dag soveel deernis met my het. Help my om meer genadig teenoor ander te word. Amen.
About this Plan

Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.
More
Related Plans

Love Because: Devotions for In-Law Relationships

Hope for Imperfect Families From the Story of Joseph

A Minute of Hope

If Jesus Is Your Friend

The Sabbath Way: Finding the Rest Your Soul Craves by Travis West

Technicolor Woman

Purpose, People, & Prevention: Thriving in Public Health With God

Do Not Be Anxious About Anything

God Within You - Awaken to the Power and Presence of the Holy Spirit
