Wees Bly - Vier die AdventtydSample

Vrede op aarde
Lees: Lukas 2:14; Jesaja 9:6; Romeine 5:1-11
SOAP: Lukas 2:14
“Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!”
Oordenking
Die engele se vreugdevolle verkondiging van "vrede op aarde" is goeie nuus vir ons. Die Vredevors, Jesus Christus, het uiteindelik gekom om God se vrede na ons verlore wêreld te bring.
Vir wie is hierdie vrede? Volgens die engele is dit net vir diegene in wie God 'n welbehae het. Alhoewel God se aanbod van vrede na almal uitgaan, ignoreer die meeste mense dit, en kies eerder om voort te gaan in hul rebellie. Sommige is dalk nie eens bewus daarvan dat hulle God se vyande is nie. Deur weg te draai van sy Woord en die lewe te leef soos hulle wil, verwerp hulle Hom. Daar is geen vrede buiten God nie.
Aan die ander kant is daar diegene wat na Jesus aangetrek is, wat God se aanbod van vrede deur sy Seun aanvaar het deur hul sonde te erken, daarvan weg te draai en sy vergifnis te ontvang. Met sulke mense is God tevrede. Aan hulle gee Hy sy vrede.
Daar is dae wat ek baie rusteloos voel en wonder hoe 'n heilige God moontlik tevrede kan wees met iemand soos ek. Ek kan baie negatief wees, dikwels misluk, te veel praat, my humeur verloor en beslis geen vrede of vreugdevolle rustigheid in my hart voel nie. Dit is wanneer ek moet onthou dat die enigste rede waarom God tevrede is met my is as gevolg van sy Seun, Jesus. Wanneer God na my kyk, kyk Hy na die volmaakte lewe van Jesus. Ek is ‘n sondaar, tog is ek God se geliefde dissipel. Ek doen nie genoeg nie, tog is Hy tevrede met my. Ek is "in Christus," verborge in sy geregtigheid. Hoe het ek daar gekom? Deur geloof.
As ek ware vrede wil ervaar, het ek geloof nodig. Soos Paulus in Romeine 15:13 sê: God sal ons met vrede vul wanneer ons in Hom glo. Ek het geloof nodig wat al my eie werke as waardeloos en sondig beskou, maar Jesus se werk vir my as meer as genoeg beskou. Ek het 'n geloof nodig wat God van elke vrees en angs vertel, met die wete dat Hy vir my sal sorg omdat Hy vir my is. Dit is eers wanneer ek sy beloftes glo en vertroue kry in sy liefde teenoor my dat my rustelose siel ware vrede sal vind.
Gebed
Jesus, U sien my rustelose hart. Gee my geloof om op U te vertrou en vul my met u vrede. Amen.
Scripture
About this Plan

Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.
More
Related Plans

Love Because: Devotions for In-Law Relationships

Hope for Imperfect Families From the Story of Joseph

A Minute of Hope

If Jesus Is Your Friend

The Sabbath Way: Finding the Rest Your Soul Craves by Travis West

Technicolor Woman

Purpose, People, & Prevention: Thriving in Public Health With God

Do Not Be Anxious About Anything

God Within You - Awaken to the Power and Presence of the Holy Spirit
