Wees Bly - Vier die AdventtydSample

Oordenkingsvrae:
1. Wanneer het jy Jesus as trooster ervaar? Hoe het Hy jou gebroke hart in die verlede herstel?
2. Waarom het ons die hulp van die Heilige Gees nodig om die Bybel te verstaan?
3. Hoe het jy gesien hoe die Heilige Gees die Woord van God in jou lewe verlig?
4. Wat is ware geloof? Wat beteken dit vir jou om "jou oë op Jesus te rig?"
5. Waarnatoe of na wie toe vra God jou om die boodskap van die evangelie, die goeie nuus van Jesus Christus, te neem?
6. Vind jy dit moeilik om vir ander te vertel dat Jesus die enigste weg na God is? Hoekom of hoekom nie? Waarom is dit van kardinale belang om te praat oor Jesus wat die weg, die waarheid en die lewe is (Johannes 14:6)?
About this Plan

Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.
More
Related Plans

1 Samuel 16-31: Waiting for the Crown

Glory of God

God Chose Me

The Revelationary War

The Power of Worship: Singing Yourself Into God's Presence

Fighting the Lie of Not Good Enough

Coming Home - a Devotional for the Prodigal Heart

Radically Restored: A 7 Day Mental Health Revival

The Furnace of Leadership
