Deel Jesus met VertroueSample

Vertel vir ander dat Jesus die Here van jou lewe is
Romeine 10:14-15 volg net nadat Paulus gesê het as jy glo en met jou mond bely dat Jesus die Here is, jy gered sal word. Hy kom terug na die belangrikheid daarvan om ander te vertel van die geskenk wat ons nou in Jesus ontvang het, wat ons lewens lei en ons nuut maak. Terwyl sommige die boodskap heeltemal sal verwerp, het baie eenvoudig nog nooit die goeie nuus gehoor nie. Iemand moet hulle daarvan vertel. Hoekom nie jy nie?
Om iemand te word wat die evangelie deel, is vir almal van ons bedoel wat daarop aanspraak maak dat ons Christus volg. Wanneer ons vertroue het in wie ons is en aan Wie ons behoort, sal die goeie nuus gereeld en met gemak uit ons vloei. Wanneer ons voorbereid is, maak dit ook dat dit baie makliker word om Hom met ander te deel. Wanneer ons besef dat ware lewensverandering net ’n gesprek weg kan wees vir iemand, sal ons:
- soek na daardie geleenthede,
- sulke geleenthede skep, en
- verlorenes soek sodat Jesus hulle kan red.
Jou taak is om die storie te vertel, om die sade van die evangelie te saai. God sal die res doen. Moenie dit persoonlik opneem as iemand jou ignoreer of uit en uit verwerp nie. In Lukas 10:16 het Jesus selfs gesê dat as hulle Hom verwerp, hulle jou ook gaan verwerp. Dit maak daardie oomblikke wanneer mense die evangelie aanvaar egter soveel kragtiger.
Een van my gunsteling gesprekke in die Nuwe Testament is in Handelinge 8. Filippus was ’n bekende evangelis wat rondgereis het om geleenthede te soek om die goeie nuus van Jesus te deel. Hy kry toe hierdie wonderlikste geleentheid. Let op die selfvertroue wat Filippus het terwyl hy die boodskap deel, al was dit ’n baie unieke situasie met ’n vreemdeling. Hy gee die boodskap aan ’n persoon wat hy nog nooit ontmoet het nie, van ’n ander land, en is deel daarvan dat daardie man ’n hele nuwe manier vind om te leef deurdat hy ’n begrip het van Jesus Christus.
Hierdie verhaal in die boek Handelinge kan heel moontlik wees waar dit alles vir hierdie hele land begin het — deur middel van Filippus, uitgestuur om die evangelie te deel. Hy word gelei na ’n man wat hy nog nooit ontmoet het nie, wat nie geweet het wat hy lees nie. Filippus het sy vrae beantwoord en dit het sy lewe, en die geskiedenis van miljoene ander in sy geboorteland, vir altyd verander.
About this Plan

Deel die Goeie Nuus van Jesus! "Dit is nie so maklik nie," sal jy dalk sê. Maar dit is ons opdrag — Jesus het daardie opdrag uitgeleef en oorgegee aan sy volgelinge. In hierdie 10-dag leesplan wil Willie Robertson jou inspireer, toerus en uitdaag om iemand te word wat Jesus se evangelie met vertroue aan ander uitdra en gereed is wanneer jy die geleentheid kry.
More
Related Plans

Overcoming Spiritual Disconnectedness

For the Love of Ruth

RETURN to ME: Reading With the People of God #16

Principles for Life in the Kingdom of God

Expansive: A 5-Day Plan to Break Free From Scarcity and Embrace God’s Abundance

Presence 12: Arts That Inspire Reflection & Prayers

Restore: A 10-Day Devotional Journey

Raising People, Not Products

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ
