Deel Jesus met VertroueSample

Nog ’n Belangrike Vraag
Kom ons kyk na nog ’n belangrike vraag:
Het jy enige soort verhouding met Jesus Christus?
Dit is ’n basiese vraag om te vra, want die antwoord is baie eenvoudig en daar is net drie moontlikhede:
1. Ja.
2. Nee.
3. Ek is nie seker nie.
’n "Ja" antwoord kan waar wees of dalk nie. Dit kan ’n florerende verhouding beteken wat elke aspek in jou lewe rig. Het jy al ooit gedink jy is in ’n goeie verhouding met iemand, net om uit te vind dat dit nie die geval is nie? Ek weet ek het.
’n "Nee" antwoord is duidelik dat jy nie ’n verhouding met die Here het nie. Die hoop van daar af is om uit te vind hoe dit sal lyk vir daardie verhouding om te begin. Eerstens is daar niks fout met ’n eerlike antwoord nie. Miskien het die persoon nog nooit eens gesien hoe dit lyk nie. Miskien sien hy of sy geen voordeel in ’n lewe van geloof in God nie. Daar kan ’n mate van bevraagtekening wees of daar selfs werklik ’n God is.
Baie mense antwoord eenvoudig met: “Ek is nie seker of ek ’n verhouding met die Here het nie.” Uit my ondervinding is dit miskien een van die mees algemene situasies.
As ons probeer uitvind of iemand ’n verhouding met die Here het, moet ons ook wil weet hoe daardie verhouding werk. Ons kan begin deur te kyk hoe ons verhoudings met mense gevorm word en hoe hulle goeie verhoudings kan word. Wat maak dit goed of nie so goed nie? Ongeag wat iemand se verhaal is, behoort die doel vir elke gelowige te wees om toegewyd aan Jesus te wees. Dit is ons heel belangrikste verhouding.
Maak vandag tyd en dink na oor hoe jy sal reageer op die verskillende antwoorde as jy hierdie belangrike vrae vir iemand vra.
Scripture
About this Plan

Deel die Goeie Nuus van Jesus! "Dit is nie so maklik nie," sal jy dalk sê. Maar dit is ons opdrag — Jesus het daardie opdrag uitgeleef en oorgegee aan sy volgelinge. In hierdie 10-dag leesplan wil Willie Robertson jou inspireer, toerus en uitdaag om iemand te word wat Jesus se evangelie met vertroue aan ander uitdra en gereed is wanneer jy die geleentheid kry.
More
Related Plans

Overcoming Spiritual Disconnectedness

For the Love of Ruth

RETURN to ME: Reading With the People of God #16

Principles for Life in the Kingdom of God

Expansive: A 5-Day Plan to Break Free From Scarcity and Embrace God’s Abundance

Presence 12: Arts That Inspire Reflection & Prayers

Restore: A 10-Day Devotional Journey

Raising People, Not Products

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ
