YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Ek leer die Heilige Gees kenSample

Ek leer die Heilige Gees ken

DAY 1 OF 7

IS DIE HEILIGE GEES JOU BESTE VRIEND? "Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees" (2 Korintiërs 13:13). Glo jy in Jesus Christus? Glo jy Hy is die Seun van God en dat Hy aan ‘n kruis gesterf het sodat ek en jy wat in Hom glo, na ons dood by Hom in sy hemelse paradys sal kan aansluit? As jy dit glo, kan ek en jy ons aardse lewens met uitbundige vreugde leef; ten spyte van ons omstandighede wat soms vol swaarkry en slegte gebeure is. Hoe is so iets moontlik? Nadat Jesus opgevaar het hemel toe, het Hy vir almal wat in Hom glo, ‘n Helper gestuur. Daardie Helper is die Heilige Gees. Johannes 15:26 sê: “Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig.” As ons dan weet ons het die Heilige Gees binne-in ons, hoekom voel dit dan nog baie dae vir ons of ons alleen op die aarde is? Hoekom voel dit asof niks in ons lewens reg wil uitwerk nie? Hoekom moet ons so swaar kry? Hoekom doen ons so baie verkeerde dinge? Paulus bid dat die gemeenskap van die Heilige Gees met ons sal wees. Die Boodskapvertaling praat van die “kragtige teenwoordigheid” van die Heilige Gees. Verklaar dus die Heilige Gees as jou beste vriend. Hy is nie ‘n vreemde verskynsel nie. Nee, Hy is ‘n persoon met emosies. Hy is binne-in jou. Hy weet alles van jou af en het jou nogtans lief. Dis egter jy wat bepaal hoe kragtig of hoe swak Hy in jou lewe werksaam gaan wees — afhangende van hoe goed jou verhouding met Hom is. Kies om Hom beter te leer ken. As jy ‘n ware verhouding met die Heilige Gees het, sal jy gedurig bewus wees van God se teenwoordigheid in jou lewe, want jy is dan ‘n draer van God se heerlikheid! Waar jy ook al gaan, sal die atmosfeer verander, danksy die werking van die Heilige Gees in jou. Wil jy nie ook so ‘n vriend hê nie? GEBED: O Heilige Gees van God, dankie vir u teenwoordigheid binne-in my. Ek kies vandag dat U my beste vriend moet wees. Amen.
Day 2

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy