Sterker as die doodSample

Jesus is terug!
Die jongmense praat van ’n “pity party”. Dit gebeur wanneer jy jouself vreeslik jammer kry. In sulke tye is niemand op aarde se lot dan so swaar soos joune nie. Boonop kry niemand jou jammer genoeg wanneer jy hier in jammerkry-laagte aangeland het nie. Vra maar vir die dissipels daardie eerste Sondagaand ná Jesus se kruisiging. Hulle eerste “aanddiens” skop baie droewig af, soos wat Johannes 20:19-24 vir ons vertel. Die deure is gesluit. “Slegs wegkruipers welkom,” is eintlik maar hulle ongeskrewe slagspreuk. Met ander woorde: “Bly weg.” Hoop het verlore geraak hier. Toe daag Jesus ongenooid op. Nog meer: Hy daag op met ’n hand vol vrede tussen sy dissipels wat hulleself so jammer kry. Twee keer hoor die bang, kleingelowiges hemelse musiek in hulle ore as Jesus sê: “Vrede vir julle!”
In ’n oogwink is die dissipels se selfbejammering oor en verby wanneer Jesus met opgehefde hande sy vrede oor hulle uitstort. Hulle herken Hom. Hulle sien die merktekens wat die kruis aan sy hande agtergelaat het. Die Here het opgedaag. Hulle weet dit! Die donker het gevlug. Twyfel het die pad gevat. Christus se vrede het hierdie uitwerking op al sy volgelinge, vandag nog. Maak net jou oë en jou hart oop. Sien die opgestane Here raak saam met sy dissipels. Dan verander jy van ’n jammerkryer na ’n lofsanger.
Scripture
About this Plan

Jesus sterf aan die kruis. Maar toe is Jesus sterker as die dood! Toe klop Hy hierdie aartsvyand. Daarom vier ons lydenstyd met hoop in ons harte. Ons huil oor Jesus se lyding, maar ons vier fees oor sy opstanding uit die dood. Stephan Joubert wil jou in hierdie 7-dag leesplan aanmoedig om die volgende te onthou: Anderkant Jesus se sterfdag wag nuwe lewe vir ons.
More
Related Plans

Mission Trip to Campus - Make Your College Years Count

Hear

Daughter, Arise: A 5-Day Devotional Journey to Identity, Confidence & Purpose

Conversation Starters - Film + Faith - Redemption, Revenge & Justice

Living With Power

Move With Joy: 3 Days of Exercise

Joshua | Chapter Summaries + Study Questions

Unshaken: 7 Days to Find Peace in the Middle of Anxiety

Called Out: Living the Mission
