21 Dae Vas en GebedSample

Daar word beweer dat meer as die helfte van alles wat ’n tipiese persoon besit nooit gebruik word nie. Dink vir ’n oomblik aan alles wat jy besit, elke item. Hoeveel daarvan gebruik jy nooit nie? Net so gaan ons dikwels uitgawes aan vir dinge wat nie werklik vir ons enige nut het nie.
Jesus spreek hierdie aspek as deel van Sy Bergpredikasie aan. Hy nooi ons om ons lewens te vereenvoudig. Dit kan prakties gesien word as dat ons van onnodige goed – nuttelose dinge én verpligtinge – ontslae raak en so meer ruimte in ons lewens skep wat deur die Here en Sy koninkryk opgeneem word.
Tevredenheid (of vergenoegdheid) is ’n groot begrip, maar dit vorm ’n kerndeel van die koninkryk van God soos Jesus dit bekend stel. Dit vereis dat ons nie ons waarde, afhanklikheid en identiteit in goed of mense vind nie, maar alleen in die Here en in ons verhouding met Hom.
Daar word gesê dat dit nie die persoon wat min het, wat arm is nie. Dit is die persoon wat altyd meer wil hê, wat werklik arm is. Niks is ooit genoeg vir hom of haar vir wie genoeg te min is nie. Jesus self het gesê: "Pas op! Moenie gierig wees nie. Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie" (Luk 12:15b).
Vas en gebed is die ideale tyd om ’n opname van jou lewe te neem in die lig van God se Woord. Maak dan daardie aanpassings wat die Here werklik die eerste plek in jou lewe sal gee.
Scripture
About this Plan

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Related Plans

Drawing Closer: An Everyday Guide for Lent

EquipHer Vol. 24: "Who’s Economy Are You Working For?"

Slaying Giants Before They Grow

Ruth: A Story of Choices

EquipHer Vol. 26: "How to Break the Cycle of Self-Sabotage"

Finding Strength in Stillness

Made New: Rewriting the Story of Rejection Through God's Truth

Conversation Starters - Film + Faith - Forgiveness, Mentors, Tornadoes & More

Discover God’s Will for Your Life
