Dankie, Here!Sample

Jobstroosters
As jy niks goeds oor iemand kan sê nie, sê liewer niks. Die waarheid is dat een negatiewe woord iemand kan afbreek net soos een bemoedigende woord ’n persoon kan opbou. Ek het in die woordeboek gekyk wat die letterlike betekenis van die woord “Jobstrooster” is. Dit is iemand wat ’n persoon ná die tyd slegter laat voel oor dit waardeur hulle gaan, terwyl hulle hulle eintlik wou troos. Net soos Job se vriende. Job se vriende het hom nie regtig getroos nie, nie waar nie?
Dit is nodig dat ons mekaar moet aanmoedig. As jou vrou vir jou ’n heerlike bord kos gemaak het, moenie van die tafel af opstaan en sê: “Baie dankie, dit was lekker; net jammer jy het die aartappels verbrand” nie. Of wanneer jou man vir jou ’n bos blomme bring: “Baie dankie, liefling, maar dis nie my gunsteling blomme nie.” Wat help jou dankie dan? Ons moet mekaar aanmoedig en opbou. Daar is genoeg pyn in die wêreld; ons hoef nie nog by te voeg nie.
Die Here roep ons om aanmoedigers te wees. Bou ander op. Bel vandag iemand en sê: “Ek wil jou net laat weet ek waardeer jou vriendskap ongelooflik baie.” En wanneer ’n vrou verbystap, sê: “Ek hou baie van die rok wat jy aanhet.” Dit sal haar dag maak. Wees vandag ’n aanmoediger – nie ’n Jobstrooster nie.
Scripture
About this Plan

Ons moet vandag werklik dankbaar wees. Ons moet werklik oorloop van dankbaarheid oor God se goedheid teenoor ons. Ons moet verstaan dat God se seëninge oor ons eintlik ontelbaar is. Raak vandag rustig en verwonder jou aan alles wat God elke dag vir jou doen. En dank Hom dan met liefde!
More
Related Plans

How Stuff Works: Prayer

Prayer Altars: Embracing the Priestly Call to Prayer

Here Am I: Send Me!

Journey Through Jeremiah & Lamentations

Journey Through Proverbs, Ecclesiastes & Job

Sickness Can Draw You and Others Closer to God, if You Let It – Here’s How

Live Like Devotional Series for Young People: Daniel

The Making of a Biblical Leader: 10 Principles for Leading Others Well

Journey With Jesus: 3 Days of Spiritual Travel
