Wapenrusting van GodSample

Lees: Matteus 4:1-11
SOAP: Matteus 4:10-11
"Maar Jesus sê vir hom: 'Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.' Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg."
Oordenking
Ek glo Matteus 4:10-11 is een van die kragtigste gedeeltes van die Skrif, want ons sien hoe kragtig God se woorde is wanneer dit uitgespreek word. Jesus het die Skrif aangehaal, en die Satan het verdwyn. Die Satan wou stry en debatteer, maar na ‘n vastyd van veertig dae, het Jesus hom weggewys. Jesus was nie van plan om die Satan se speletjie te speel nie. Hy het die waarheid aangehaal, en die Satan verslaan. Jesus het die Satan oorwin met die Woord van God. Ons kan ook.
Daar is ‘n kragtige les in hierdie verse. Beide Jesus en die Satan het die Skrif geken en kon dit aanhaal, maar Jesus het die Satan met die Skrif verslaan omdat Hy dit nie tot sy eie voordeel verdraai het nie. Jy kan amper enigiets bewys wanneer die Skrif uit verband geruk word. Die Satan het nie die volledige verse aangehaal nie. Hy het versuim om gedeeltes in te sluit wat sy voorstel sou weerlê. Moet dus nie die fout maak om deur iemand mislei te word net omdat hulle skynbaar die Skrif ken nie. As iemand betekenis aan die teks impliseer wat ander dele van die Skrif direk weerspreek, weet ons dit is nie waar nie.
Die Satan het probeer om Jesus te versoek om vervulling sonder God te vind. Jesus se reaksie op die Satan se versoeking herinner ons daaraan dat ons geroep is om God bo alles te aanbid en te dien. Ons moenie beïnvloed word deur wat die wêreld vir ons sê belangrik is nie, maar eerder ons geloof en vertroue in die Here plaas. Dit kan maklik wees om in die strik te trap om te wil hê wat die wêreld bied, maar wanneer ons God eerste in ons lewens stel, sal Hy ons altyd voorsien van die leiding en ondersteuning wat ons nodig het om versoeking te weerstaan en ‘n lewe te lei wat Hom verheerlik.
Gebed
Liewe Jesus, dankie dat U versoeking ervaar het, maar nie daaraan toegegee nie. Dankie dat U honger ervaar het, maar nie toegelaat het dat honger U in die versoeking laat kom om buite God se wil te beweeg nie. Dankie dat U vir ons die krag van u Woord wys en hoe om dit effektief te gebruik om versoeking in ons lewens te oorwin. Amen.
Scripture
About this Plan

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend
More
Related Plans

Heaven (Part 1)

Hebrews: The Better Way | Video Devotional

Be the Man They Need: Manhood According to the Life of Christ

Heaven (Part 3)

Made New: Rewriting the Story of Rejection Through God's Truth

Drawing Closer: An Everyday Guide for Lent

Kingdom Parenting

Growing Your Faith: A Beginner's Journey

Experiencing Blessing in Transition
