YouVersion Logo
Search Icon

Wapenrusting van GodSample

Wapenrusting van God

DAY 34 OF 43

Lees: 1 Tessalonisense 5:1–11

SOAP: 1 Tessalonisense 5:8–9

"Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en liefde as borsharnas dra en die hoop op verlossing as helm. God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word."

Oordenking

Hierdie verse herinner ons aan die belangrikheid daarvan om waaksaam en nugter te wees terwyl ons hierdie wêreld navigeer. Ons word geroep om geloof en liefde as ‘n borswapen aan te trek om ons te beskerm teen ons vyand se aanvalle en die hoop op redding as ‘n helm om ons gedagtes te beskerm teen die leuens en versoeking van die wêreld.

Nadat ons op sosiale media was of TV gekyk het, kan ons maklik vasgevang word in die bekommernisse en vrese van hierdie wêreld, maar ons moet daarna streef om ons fokus te hou op die hoop op ons verlossing deur Jesus en die ontsagwekkende betekenis van hierdie verlossing vir nou en vir ewig. Wanneer ons dit doen kan ons God se vrede ervaar en die krag vind om elke dag met vreugde en vertroue tegemoet te gaan, wetende dat terwyl ons nou swaarkry en lyding moet verduur, ons ‘n glorieryke toekoms het om na uit te sien.

Ons kies om as dogters van die dag te lewe in die wete dat ons toekoms veilig in Christus is. Ons sien die tekens van die tye, maar ons is nie bekommerd nie. God het ons toegerus met die regte wapenrusting vir alles wat Hy elke dag aan ons toevertrou het.

Terwyl ons doelbewus ons borswapen van geloof aantrek, beweeg ons vorentoe in ons lewens en betoon ons liefde vir diegene wat God vir ‘n tyd soos hierdie vir ons gegee het. Ons kyk nie met vrees na die toekoms nie, want ons weet dat God reeds daar is. Ons dra ons helm van verlossing, beskerm ons gedagtes met die Woord van God en bly waaksaam vir aanvalle van ons vyand.

Gebed

Liewe Jesus, help my om nugter en van U bewus te bly — elke dag wat ek leef. Hou my hart teer vir U en help my om bedag te wees op die Satan se subtiele aanvalle in my lewe. Help my om diegene lief te hê wat U in my lewe geplaas het en help my om met opwinding na die toekoms te kyk terwyl ek na U wederkoms smag. Amen.

About this Plan

Wapenrusting van God

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend

More