YouVersion Logo
Search Icon

Wapenrusting van GodSample

Wapenrusting van God

DAY 30 OF 43

Memoriseervers:

"Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig."

Filippense 4:8

Uitdaging vir die week:

Fokus hierdie week daarop om die helm van verlossing aan te trek deur jou gedagtes gevange te neem. Maak ‘n lys van ‘n paar van die gedagtes wat jy op ‘n daaglikse basis het en lys of jy dink daardie gedagtes van God af is en of dit leuens van die vyand is. Vervang hierdie week enige slegte gedagtes met die Woord van God. Fokus jou gedagtes op die hoop wat jou verlossing verskaf deur alles te lys waarvan God jou gered het en alles waarna jy kan uitsien as gevolg van Christus.