YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?Sample

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

DAY 4 OF 7

Hoop op Redding en die Einde van die Bose Om 'n wêreld sonder gewelddadige konflik of dood voor te stel grens aan die onmoontlike, tog smag ons almal daarna. Hoe kan ons hoop op iets wat ons onsself skaars kan voorstel? Die antwoord het dalk iets te doen met die Dag van die Here. In die Bybel verwys die Dag van die Here nie na een dag nie, maar na baie verskillende gebeurtenisse, gelukkig of hartseer, met een gemeenskaplike kenmerk—God wat mense red en die bose in die wêreld uitroei. As jy dit geniet om kwaad te doen en daarby baat vind, dan is die Dag van die Here vir jou treurig. Maar as jy die kwaad haat en na goedheid smag, dan is die Dag van die Here wonderlik. Jesus daag op en dit verteenwoordig 'n groot Dag van die Here. Hy begin om boosheid te vernietig, maar nie met geweld teen mense nie. Hy vernietig boosheid deur vrygewiglik mense te genees en te vergewe. Sy mag is deur liefde, nie dwang of geweld nie. Na sy kruisiging en opstanding, moontlik die belangrikste Dag van die Here tot dusver, praat Jesus van 'n ander Dag van die Here wat nog op pad is- wanneer Hy terugkeer, wanneer die wêreld waarop ons hoop 'n werklikheid word. Mag daardie wonderlike dag gou kom!

Scripture

Day 3Day 5

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy