YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?Sample

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

DAY 2 OF 7

Hoop in Hernuwing versus Ontvlugting Op ’n snikhete dag hoop ons instinktief vir skaduwee. En wanneer geweld uitbreek hoop ons outomaties vir veiligheid. Soortgelyk, wanneer ons lyding en voortdurende korrupsie in ons wêreld beleef hoop ons dikwels dat ons na die Hemel kan ontsnap waar ons in vrede kan rus nadat ons gesterf het. Maar wat as sulke hoop misplaas is? Wat as Jesus ons leer om op hierdie oomblik, terwyl ons lewe, in vrede te rus en om te hoop op God se beloofde werklikheid van 'n hernude Aarde meer as op 'n goddelike ontsnappingsplan? Die Nuwe Testament bied wel 'n paar idees oor mense wat na die dood by God in die hemelse paradys aansluit, maar dit is nie die Bybel se fokus nie. Vanaf die begin (Genesis) tot die einde (Openbaring) vertel Die Skrif 'n verhaal oor God wat die Hemel en Aarde in een pragtige wêreld verenig waar al die goedheid van Sy Koninkryk dieselfde op die aarde en die hemel is. Ons s'n is 'n ontsnapping van dood en korrupsie in ons wêreld, nie vanuit ons wêreld self nie. Net soos God se hemelse ryk, sal Sy hernude skepping vry wees van dood en verval, gevul met eindelose voorsiening en liefde tussen alle lewende wesens. Jesus bid tot die Vader: “Laat U koninkryk kom, laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel” (Matt. 6:10). Hy leer mense nie om oor die algemeen te hoop op 'n ontsnapping na iewers beter nie; hy leer ons spesifiek om te hoop op God se beloofde vernuwing van alle dinge. Deur op hierdie manier te hoop leer ons om mense meer lief te hê en te seën as wat ons hulle vermy of oordeel. Ons leer om vir God se wêreld te sorg eerder as om dit te verlaat. Ons begeerte na God se beloofde vernuwing word werklike, lewende hoop en hierdie beweeg ons om op hierdie oomblik in vrede te rus, hier in ons wêreld wat God besig is om te vernuwe.
Day 1Day 3

About this Plan

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue en groepe te help om oor die tema van hoop na te dink. Wat is die verskil tussen optimisme en opregte, lewende hoop? Ons verken Bybelse woorde vir “hoop” en ontdek hoopv...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy