YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 45 OF 364

Hoe moet jy die Bybel lees? – Lukas 24:25-27

Jesus spreek die Emmaus-gangers hier aan oor hulle gebrek aan insig en geloof. Hulle sit met al die ware feite, sowel as met die Skrifte wat dit voorspel het, maar hulle kan nie die verbande lê daartussen nie. Wat eintlik beteken dat hulle dus nie regtig glo wat die profete gesê het nie!

Jesus fokus dan op wat hulle in die Skrif — Moses en die profete as versamelterm vir die OT — moes geleer het oor die Christus (Messias). Die Skrif is duidelik daaroor dat Hy al hierdie dinge moet ly, en uiteindelik triomfeer en verheerlik word. Jesus verwys hier onder andere na Moses se profesie van die Profeet (Deuteronomium 18) en Jesaja se profesie van die Lydende en Oorwinnende Messias (Jesaja 52-53).

1. Oordink die blywende betekenis van die OT vir jou lewe. Watter gedeeltes in die OT laat jou vir Jesus beter verstaan?

2. Loof die Here vir die wonder van die OT se boodskap wat die blywende basis bly vir die Woord van God aan ons.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die OT.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Lukas 24 met die tema: Jesus het werklik opgestaan.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More