Wie Is God?Sample

Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? — 1 Petrus 1:13-16
Petrus roep ons op om helder te dink en gedissiplineerd te lewe. Dit is wat gehoorsaamheid aan God van ons vra. Ons hele persoonlike lewe moet van God se heiligheid getuig, omdat dit is hoe God is. Hy motiveer dit uit Levitikus (11:44-45; 19:2; 20:7) wat beteken dat die morele dele van die wet steeds op ons van toepassing bly.
Dit beteken twee goed. Ons moenie meer leef soos ons natuurlike neigings van vroeër aan ons voorskryf nie. En ons moet met verwagting uitsien na die genade wat ons sal kry wanneer Jesus Christus weer verskyn. Hy sal die stryd in ons finaal tot ‘n einde bring in die openbaring van die ewige lewe.
1. Wat beteken dit vir jou om helder te dink en gedissiplineerd te lewe? Watter natuurlike neigings moet jy voor néé sê om heilig te lewe?
2. Paulus motiveer ons tot heiligheid vanuit die visie op die ewige lewe en die genade wat Jesus vir ons sal bring by sy wederkoms. Hoe help dit jou om getrou en gehoorsaam aan God te bly?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God jou deur sy genade in staat stel om te volhard in heiligheid.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Petrus 1 met die tema: Jubel oor God en leef uit die hoop.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Lies We Believe: Beyond Quick Fixes to Real Freedom Part 2

FruitFULL - Faithfulness, Gentleness, and Self-Control - the Mature Expression of Faith

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ

Ruth | Chapter Summaries + Study Questions

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

Let Us Pray

Homesick for Heaven

Stormproof

Judges | Chapter Summaries + Study Questions
