Wie Is God?Sample

Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Efesiërs 5:5-6
Paulus is baie oortuig van die feit dat seksuele sondes, immorele dade, en gierigheid jou diskwalifiseer van die koninkryk van Christus en van God. Hy verbind dit selfs aan afgodery.
1. Hoekom dink jy is Paulus so oortuig daarvan? Is God se straf in Christus dan nie opgehef nie?
Paulus se appèl op ‘n heilige lewe is in die konteks gebaseer op wat God reeds vir hulle gedoen het. Paulus sê nie vir hulle: kry julle lewens reg sodat julle deel van die koninkryk kan word nie.Hy sê: julle is deel van die koninkryk. Tree dan op as mense van wie dit waar is.
2. Hoe verander dit jou denke oor hierdie verse?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat die Here van jou ‘n heilige lewe verwag. Dit is waarvoor Hy jou genadig was en gered het.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Efesiërs 5 met die tema: Die Heilige Gees vervul ons om heilig en in liefde te leef.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Helping Your Kids Know God's Good Design

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel
