Wie Is God?Sample

Wat is afgodery? – Psalm 97:6-9
Die Here se koningskap word in die Psalm op twee maniere beskryf. Dit word eerstens in metaforiese terme as ’n kosmiese gebeure geteken: die aarde juig, die afgeleë eilande is bly, wolke en duisternis omring Hom, vuur gaan voor Hom uit en verbrand sy teenstanders. Die Here se koningskap word tweedens steeds op metaforiese wyse as ’n kommunikasie gebeure geteken: die hemele verkondig sy geregtigheid sodat al die volke sy Majesteit kan sien.
1. Hoe laat dit jou dink oor God?
Hierdie getuienis oor God het twee uitkomste. Aan die eenkant staan almal wat afgodsbeelde dien, beskaamd, want dié afgode moet in aanbidding voor Hom buig! Aan die ander kant hoor die Godstad, Jerusalem, dit en het ’n groot blydskap en juig oor God se posisie as die Allerhoogste oor die hele aarde wat ver verhewe is bo alle gode.
2. Hoe laat dit jou voel oor God?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God regtig Koning is en self die feit aan alle mense kommunikeer.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Psalm 97 met die tema: Verbly julle, liefhebbers van die Here.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

When God Makes Things Right: A 5-Day Devotional on Nahum

When Tithing Feels Impossible: 3 Truths That Free You From Financial Guilt

Read the Bible Effectively

The Holy Spirit: God Through Us

The Creator's Battle: Winning the Inner War for Your Art

When You Are the Problem: The Courage to Look in the Mirror When Your Church Is in Crisis

Journey Through Esther

BE a PILLAR

What Is "The Way of Christ?"
