KykNET Lent GidsSample

Murmureer
"Doen alles sonder murmurering en teëspraak …"
Filippense 2:14.
‘n Natuurlike reaksie as dinge nie uitwerk soos ek dit wil hê nie, is om te murmureer. Dit word soms as ‘n edel karaktereienskap beskou en word gekoppel aan besorgdheid, om ingelig te wees en dapper te wees deur nou iets daaraan te doen — deur daaroor te praat. Dit is aansteeklik, soos ons in die verhaal sien waarmee ons nou op reis is (Numeri 13:32, 14:2). Deur te murmureer sê ons … ek verdien iets anders (alles wat ek het is nie genade nie), ek weet beter (daar is geen sin in dit wat gebeur nie), ek is ‘n slagoffer (kyk hoe word ek te na gekom), ek kan niks doen nie en niemand wil my help nie (my lokus van beheer is buite myself). Paulus se opdrag aan die Filippense (2:14) is om alles te doen sonder murmurering en teëspraak. Selfs die slawe word aangemoedig om murmurering te laat vaar. Dit beteken nie dat ons alles net gelate aanvaar en dat ons aan ons eie lot oorgelaat word nie. Inteendeel — daar is Een wat beter weet. Daar is Een wat by my is en my in alles bystaan, my krag gee om alles te hanteer wat op my pad kom.
Kla ek soms om die simpatie van ander te verkry?
Dit is vir my belangrik dat ander my sal sien as ________________________________________.
Wat het ek nodig om my murmurering te laat vaar?
Herhaalgebed:
Here, ek vra vir die genade van ‘n lewe vry van vergelyking.
Scripture
About this Plan

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More
Related Plans

One Chapter a Day: Matthew

Walk With God: 3 Days of Pilgrimage

Psalms of Lament

Deeper in Worship

YES!!!

Spirit-Led Emotions: Mastering Emotions With Holy Spirit

I'm Just a Guy: Who Feels Alone

Prayer Altars: Embracing the Priestly Call to Prayer

Faith-Driven Impact Investor: What the Bible Says
