KykNET Lent GidsSample

Wanneer ek van my eie reis voorraad neem
"Laat julle hele lewe dus vertel van die respek wat julle vir God het. Julle is nie mense wat net vir hierdie wêreld leef en vir wat julle daaruit kan kry nie. Dinge het mos heeltemal vir julle verander"
1 Petrus 1:18 (Die Boodskap).
Wanneer jy op ’n reis gaan, moet jy soms stilhou voordat jy verder kan gaan. Jy maak seker die bagasie op die dak is nog stewig vas en dat die bande nog styf is. Jy gebruik die navigasie-toepassing om te loer of jy nog op koers is.
Aan die einde van elke week in Lydenstyd word jy genooi om ’n hersieningsgebed te doen — dit beteken om weer (her) te sien - dit wat vir jou uitgestaan het, waaraan jy nog wil dink en verder oor wil bid. Om ’n hersieningsgebed te doen beteken nie dat jy dit die eerste keer “verkeerd” gedoen het nie. Dit is eerder om die genademiddele wat die Here vir jou gegee het, die “manna en kwartels”, met dankbaarheid in jou hart vas te maak.
Oefening: Kies een van die dae van die week en dink na oor jou ervaring op hierdie dag. Jy kan ook terugdink aan jou hele week en stilstaan by die oomblikke waar jy dinge beleef het wat vir jou uitstaan en jou bybly. Dalk wil jy ook weer gaan kyk na van die inskrywings in jou joernaal. Praat met die Here daaroor.
Herhaalgebed:
Here, gee my die genade om U in my lewe raak te sien.
Scripture
About this Plan

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More
Related Plans

One Chapter a Day: Matthew

Walk With God: 3 Days of Pilgrimage

Psalms of Lament

Deeper in Worship

YES!!!

Spirit-Led Emotions: Mastering Emotions With Holy Spirit

I'm Just a Guy: Who Feels Alone

Prayer Altars: Embracing the Priestly Call to Prayer

Faith-Driven Impact Investor: What the Bible Says
