KykNET Lent GidsSample

Ontkenning
"Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word"
Matteus 5:4.
Die pad van hartseer is ‘n emosie wat ek nie kan beheer nie. Dit is ‘n gevoel wat oor my kom en ek kan dit tot ‘n mate probeer reguleer, maar dit vang my dikwels onkant. Dit is waar die besluit inkom – gaan ek dit toelaat deur daaroor te dink en dit te voel; of gaan ek my daarvan afsny? Gaan ek dit weerstaan? Dis ʼn geweldige belangrike oomblik.
My kultuur — en dikwels my teologie — sê vir my dat ek dit op daardie oomblik moet weerstaan en laat vaar. Ek het grootgeword met die idee, "wees altyd bly in die Here". En as so iets op my pad kom, moet ek dit weerstaan. Wees positief. Lees positiewe teksverse.
Ek onthou die eerste begrafnis wat ek as kind bygewoon het. ‘n Familielid het gesterf. Ek onthou hoe ek die hartseer van ander om my beleef en toe self begin huil het. As ek terugdink weet ek nie of ek gehuil het oor die familielid en of ek gehuil het omdat die ander huil nie. Of iets van albei.
Oombliklik het ek my daarvan afgesny en ek het gehoor hoe die tannie agter my fluister:“Toemaar, dit gaan beter word. Alles gaan regkom.”
Daar is ʼn gesegde in terapeutiese kringe: “Alles wat jy weerstaan, hou aan.”
Wanneer ek my hartseer wegsteek of bêre – wanneer ek nie daaraan toegee nie – dam dit op en verteer my.
Wat maak jy met die hartseer in jou lewe? Wat weerhou jou daarvan om hartseer toe te laat om oor jou te vloei en dit ten diepste te voel?
Herhaalgebed:
Here, ek vra die genade van trane, om te treur oor my verliese.
Scripture
About this Plan

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More
Related Plans

Hebrews | Reading Plan + Study Questions

Anger Management and Relationships

Unity

Heart-Tongues

This Changes Everything … and It’s in You!

The Discipline of Service and Stewardship

Be Kind to You: 3 Days of Self-Kindness

Acts 20 | Encouragement in Goodbyes

You Have a Kinsman Redeemer: A Study of Ruth
