YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Keuses wat suksesvolle paartjies maakSample

Keuses wat suksesvolle paartjies maak

DAY 7 OF 7

### Kies om te vertrou Vertroue is een van die grootste uitdagings waarvoor baie paartjies te staan kom. Baie mense het al verraad in hul huwelik in die vorm van ontrouheid, leuens of ander konflik ervaar. Hier is die ding oor vertroue: Dit neem baie lank om dit op te bou, maar dit kan in ’n oogwink verwoes word. Vertroue is die fondament van elke huweliksverhouding. Deur met baie paartjies te werk, het ek vier omstandighede gesien waarin vertroue in ’n huwelik kan groei en floreer. Eerstens, vertroue begin met eerlikheid. Jy jok dalk om iemand se gevoelens te beskerm, of uit skuldgevoel, of om konflik te vermy, of om die ware jy weg te steek. Maar jy jok meestal omdat jy bekommerd is oor wat sal gebeur as jy die waarheid praat. As jy voorheen probeer het om eerlik in jou verhouding te wees, maar jou poging is beantwoord met woede of woorde wat seergemaak het, sal jy dalk in die toekoms huiwerig wees om eerlik te wees. Jy doen egter nie jou maat ’n guns deur sy of haar emosionele reaksie toe te laat om jou te verhoed om eerlik te wees nie. Om moeilike gesprekke te voer, wys vir jou maat dat jy graag ’n eerlike, opregte verhouding wil hê. Tweedens, eerlikheid dring aan op integriteit. As jy iemand van integriteit in julle huwelik wil wees, moet jy vir iets standpunt inneem. Kies jou morele kode versigtig, want al jou besluite sal uit hierdie beginsels vloei. As jy iemand van integriteit is, sal jou maat weet jy sal jou beloftes hou en dit is ’n groot stap in die bou van vertroue in ’n huwelik. Derdens, betroubaarheid is die konstante, standvastige en betroubare toepassing van beginsels soos eerlikheid en integriteit oor ’n lang tydperk en in verskeie soorte situasies. Ons praat hier van saamstaan. Wanneer jou maat jou nodig het, is jy daar. Kies om jou maat bo jouself te stel as ’n maat wat betroubaar, eerlik en iemand met integriteit is. Die laaste boublok vir ’n stewige fondament van vertroue in julle huwelik is kwesbaarheid. Dit behels dat jy jou maat toelaat om naby jou te kom en te glo dat hy of sy daar sal wees vir jou wanneer jy dit nodig het. Om te kies om kwesbaar te wees, is ’n risiko – jy kan (en sal waarskynlik) seerkry. Maar kwesbaarheid is ’n stap in jou maat se rigting en gee jou maat die geleentheid om die regte keuses te maak en daar te wees wanneer jy ondersteuning nodig het. Watter boublok van vertroue is vir jou die moeilikste om toe te pas? Hoekom?
Day 6

About this Plan

Keuses wat suksesvolle paartjies maak

Ons almal beleef soms konflik, maar dit is HOE ons dit hanteer wat saak maak. Hierdie leesplan gaan jou uitdaag om konflik in jou huwelik te hanteer deur die beste keuses vir julle verhouding te maak. Jy het meer verantw...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy