YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Keuses wat suksesvolle paartjies maakSample

Keuses wat suksesvolle paartjies maak

DAY 2 OF 7

### Kies om op die proses te fokus Soos ons op dag 1 gesê het, is konflik nie ’n slegte ding nie. Wat saak maak, is hoe ons dit hanteer. Een van die grootste mites van die huwelik is dat ’n bakleiery “net gebeur”; dit is lukrake, onvoorspelbare gebeurtenisse. Ek glo egter dat mense die doelbewuste besluit neem om ’n verskil in ’n bakleiery te verander. Die sukses van ’n huwelik word dikwels gesien in hoe ’n paartjie konflik met mekaar hanteer. Die doel van hierdie oordenkings is om julle albei te help om oop te wees vir terugvoer van mekaar af, te kies om eerlike, liefdevolle maats te wees en te leer hoe om werklike en volhoubare herskepping in julle huwelik te bewerkstellig. In my werk met paartjies glo ek die proses is baie belangriker as die redes vir die konflik. Ek dink nie ’n verskil in gesindheid of siening oor ’n spesifieke onderwerp veroorsaak konflik tussen huweliksmaats nie; die meeste paartjies kan deur ’n meningsverskil werk. Die manier waarop paartjies met mekaar praat wanneer hulle probleme bespreek, veroorsaak groter konflik. Om die waarheid te sê, baie paartjies onthou nie eens waaroor hulle baklei wanneer hulle leer om mekaar met respek, eer en liefde te hanteer nie. Ons moet verstaan waarvan ons praat wanneer ons oor die proses praat. Ek praat van die manier waarop twee mense binne ’n huwelik met mekaar omgaan, hoe hulle mekaar behandel en wat tussen hulle gebeur wat die optrede dryf wat hulle verkies. Die proses fokus op hoe julle by mekaar aansluiting vind. In teenstelling hiermee fokus die inhoud op waaroor julle elke dag verskil – die spesifieke kwessies wat probleme veroorsaak soos ouerskap, werk en skoonfamilie. Ek wil hê jy moet anders begin dink oor konflik tussen jou en jou maat. In plaas daarvan om te dink in terme van waaroor julle baklei, dink eerder oor hoe julle mekaar behandel gedurende ’n argument. Byvoorbeeld, hoe is julle houdings en optrede? Is julle lelik en bitsig of wys julle respek en liefde vir mekaar? Onderbreek en kritiseer julle mekaar of luister julle en fokus op die ander een? Om te leer om hierdie keuses te maak, gaan nie maklik wees nie. Die potensiële uitdagings in julle verhouding gaan ook nie pynloos wees om te oorkom nie. Julle het nie oornag tot hier gekom nie, dus gaan julle ook nie julle droomhuwelik oornag opbou nie. Die hoop waaraan jy kan vashou is dat jy en jou maat kan kies om in beheer te wees van wat in julle huwelik gebeur. As jy die moed het om dié reis te onderneem, is die moontlikhede lewensveranderend. “Jy is verantwoordelik vir die keuses wat jy in jou huwelik maak.” Voel dié stelling bemoedigend of laat dit jou verslae voel? Hoekom?
Day 1Day 3

About this Plan

Keuses wat suksesvolle paartjies maak

Ons almal beleef soms konflik, maar dit is HOE ons dit hanteer wat saak maak. Hierdie leesplan gaan jou uitdaag om konflik in jou huwelik te hanteer deur die beste keuses vir julle verhouding te maak. Jy het meer verantw...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy