YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

By Waters Van RusSample

By Waters Van Rus

DAY 1 OF 8

“God is my herder” Kan ’n mens ooit genoeg kry van Psalm 23? Hierdie kort psalm is gelaai met deernis en omgee en troos en geborgenheid. Dit is ’n oase in ’n woestyn van lewensnood, ’n veilige hawe teen lewensbedreigende storms. Maar dis nog meer: dis ’n geloofsbelydenis! Om te kan getuig dat die Here my herder is, moet ek gewillig wees om God se skaap te wees. En in die idioom van Bybelse tye was ’n skaap ’n volgeling. Hy het na die stem van sy herder geluister en daardie stem gehoorsaam. Die Here is my herder. Ek is deel van God se kraal. My lewe word bewaar deur God se troue liefde. Hy sorg dat ek by waters kom waar daar vrede is. Vrede wat beteken om heel te wees, om ’n vervulde mens te wees. My Herder wil hê ek moet ’n heel mens wees, ’n gelukkige mens, ’n tevrede mens. Wat ’n genade om deur my Herder vertroetel te word. Wat ’n voorreg om my Herder se stem te gehoorsaam. Ons vind in die Bybel ook die beeld van ’n volk wat soos skape ronddwaal, sonder ’n herder, uitgelewer aan die gevaar van wilde diere. Dan verskyn Jesus op die toneel. Hy bied Homself aan as die goeie Herder wat sy lewe vir sy skape aflê. Hy is die Herder wat lewe gee. Petrus sê dat ons almal gedwaal het soos skape sonder ’n herder, maar nou, noudat ons vir Jesus aangeneem het, het ons by ons Bewaker tuisgekom. Tuis in God se kraal. Geborge deur sy versorgende liefde. Hierdie oordenking is geneem uit JOU GOD IS HIER! deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 2

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy