Spreuke – eenjaarleesplanSample

In die laaste deel van die Wysheid, die vierde deel – Spreuke 8:32-36 – moedig die pa sy kinders aan om elke dag te wag vir die wysheid. Omdat die Wysheid van die begin af daar was, en haar in alles verlustig het, veral in die mense, roep Spreuke alle mense op om na haar te luister. In die luister na die Wysheid lê die sin van die lewe opgesluit: “Dit sal goed gaan met die mense wat na my luister” (Spreuke 8:34).
Soms sal die wysheid ons wel dissiplineer, maar steeds al hoe dieper in die lewe voor God neem. Wie nie wag vir die wysheid en dit beskerm nie, doen hulleself skade aan.
Waar Spreuke 8:1-11 gesê het dat die Wysheid in die lewenskeuses haar stem laat hoor, sê hierdie gedeelte dat daar ook elke dag na haar geluister moet word, tyd gemaak moet word om na haar stem te luister en "op my drumpel (te) staan en wag” (Spreuke 8:34). Die woord huis kan hier op die tempel dui, alhoewel dit eintlik in die konteks op enige ruimte dui waar tyd geneem word om stil genoeg te word om te luister.
Dit is nogal ‘n diepsinnige leuse vir 'n lewe wat die moeite werd is om na te volg: "Dit sal goed gaan met die mens wat na my luister, die mens wat elke dag na my huis toe kom en op my drumpel staan en wag."
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

The Holy Spirit: God Among Us

Who Am I, Really? Discovering the You God Had in Mind

Simon Peter's Journey: 'Grace in Failure' (Part 1)

Reimagine Influence Through the Life of Lydia

Positive and Encouraging Thoughts for Women: A 5-Day Devotional From K-LOVE

Everyday Prayers for Christmas

Sharing Your Faith in the Workplace

Never Alone

The Bible in a Month
