Spreuke – eenjaarleesplanSample

Verse 21 en 22: Die basiese karakter van ‘n mens kom veral onder druk na vore. Hier kry ons twee spreuke oor die basiese karakter van mense. Uiteraard kan dit nie alles sê nie, maar probeer hulle net ‘n kernwaarheid formuleer.
Soos silwer en goud se waarde deur ‘n oond getoets kan word, só kan ‘n mens se waarde getoets word deur die lof wat hy ontvang. Sy karakter bly dieselfde, selfs as hy geprys word.
Daarteenoor kan jy alles probeer om iets beter van ‘n dwaas te maak. Hom selfs fynmaal soos met graan in 'n stampblok, maar dit sal nie slaag nie. Dwaasheid kry ‘n mens nie sommer uit iemand nie. Peterson vertaal dit só goed: "Die suiwerheid van silwer en goud word getoets deur dit in die vuur te steek; die reinheid van menslike harte word getoets deur hulle 'n bietjie roem te gee. Klop op 'n dwaas net soos jy wil - jy kan die dwaasheid nie uithaal nie."
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

A Dream Family

You Might Be the One - Are You Ready for God’s Purpose?

Cultivating Good Soil: A 7-Day Journey Through the Parable of the Sower

Living One: A Study of Integrity in Hebrews

No Days Off: A 7-Day Devotional

In Christ: A Journey Through Ephesians

Wealth and Poverty

Hustle and Pray: Work Hard. Stay Surrendered. Let God Lead.

Prayer
