Spreuke – eenjaarleesplanSample

Die pa borduur voort op die beeld van die twee paaie. Die pad van die goddelose raak al hoe donkerder as gevolg van afvalligheid en geweld. Die pad van die regverdige raak al hoe helderder as gevolg van die beoefening van wysheid.
Dit is dus nie net belangrik om die pad van die regverdiges te kies nie, maar om ook die pad van die goddeloses en slegte mense te vermy. Die twee paaie laat dit óf donker óf lig word in jou lewe. Om die waarheid te sê, die pad van goddeloosheid is verslawend. Jy kan later nie meer daarsonder klaarkom nie (jy lê wakker)! Dit beïnvloed jou hele lewe en stel jou bloot aan die verydeling wat met boosheid en slegte mense gepaardgaan.
Geniet en oordink die betekenis van hierdie pragtige vers: “Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is” (Spreuke 4:18)!
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Live Your OWN Life With Conviction

Move People Through God Alone

Parables of Grace: Embrace God’s Love for You

Love People?!

Christosis: Participation in Christ and Imitation of Christ

The Family Business: Living Like Jesus. Loving Like Jesus. Leading Like Jesus.

Sundays at the Track

Made for More

Anchored: The Life and Letters of the Apostle Peter
