’n Rede om fees te vierSample

Viér Kersfees!
Dis feestyd! ’n Tyd om – ongeag al die onrus in die wêreld – vrede in ons harte te hê. ’n Dag om – ten spyte van al ons onopgeloste probleme – vertroue in die toekoms te hê. Vandag is ’n dag om van vreugde te sing. Want, kind van God, jou Verlosser het meer as 2 000 jaar gelede na hierdie aarde gekom om jou vry te koop … om jóú te verlos!
Mag Kersdag vanjaar vir jou ánders wees omdat jy die waarheid van die evangelie werklik jou eie maak; omdat jy opnuut besef dat jy soveel rede het om fees te vier en omdat jy weet dat jy – danksy jou Redder – vir ewig in heerlikheid gaan lééf.
Sing vandag saam met die engele in die hemel: “Eer aan God. Eer aan Hom wat in die hoogste hemel bly. En vrede vir almal hier op die aarde; vrede vir almal oor wie God nou feesvier” (Lukas 2:14).
Halleluja! Ek loof U!
Scripture
About this Plan

Neem vanjaar die besluit om rustig te raak en nie in die dolle gejaag van die Kerstyd vasgevang te raak nie. Besluit om die Jesus van die krip weer te ontmoet en toe te laat dat Hy – die groot God – sy hand om joune sluit. Hoor die deernis in sy stem wanneer Hy sê: "Ek het vir jóú na hierdie wêreld gekom sodat jý nooit verlore sal gaan nie."
More
Related Plans

Spiritual FOMO Is a Thing

Music: Revelation in Song

Two-Year Chronological Bible Reading Plan (First Year-July)

What Now

Lessons From the Life of Abraham

Mom Guilt Meets Grace

Philippians: Joy in Christ

Practical Ways to Love God & Others: Devotions for Girls (I Am Available)

Is ‘Making Money While You Sleep’ Biblical?
