’n Rede om fees te vierSample

Aanvaar sy geskenk
Dink aan Oukersaand: ’n Aand waarin die wêreld om verskillende redes feesvier. Menige is bloot jolig omdat dit Krismis is, ander hou groot partytjies en vir baie van ons is dit kosbare familie-samekomste. Die kinders is rooiwang-opgewonde oor Kersvader wat vannag die geskenke in die Kerskouse gaan sit of oor die pakkies onder die Kersboom.
Die vraag is: Hoe voel jý? Is daar in jou hart nog ’n stukkie kinderlike opgewondenheid oor die groot Geskenk wat jou Vader opnuut weer vir jóú gee? Ja, liewe mens, laat toe dat die groot wonder van sy Genadegawe jou met nuwe vreugde vul. Dink weer daaraan hoe bevoorreg jy is dat Hy sy Seun spesiaal vir ons – ja, vir jóú – gestuur het. Vier dan hierdie waarheid met oorgawe in jou hart en geniét dit saam met medegelowiges.
Mag vanjaar se Oukersaand jou met soveel dankbaarheids-blydskap vul dat dit sal oorloop in lof aan jou Verlosser.
Dankie, grote God, dat U u Seun vir mý gestuur het en dat ek daarom sonde- en skuldvry voor U mag staan. Ek loof U vir u hemelse geskenk aan my.
Scripture
About this Plan

Neem vanjaar die besluit om rustig te raak en nie in die dolle gejaag van die Kerstyd vasgevang te raak nie. Besluit om die Jesus van die krip weer te ontmoet en toe te laat dat Hy – die groot God – sy hand om joune sluit. Hoor die deernis in sy stem wanneer Hy sê: "Ek het vir jóú na hierdie wêreld gekom sodat jý nooit verlore sal gaan nie."
More
Related Plans

Women of the New Testament

The Cultivation of Consistency

Sent With Purpose

Boundaries: A Biblical Perspective

When Grief or Loss Hits Like a Wave

I Said Yes to Jesus: A 5-Day Journey to Take Your Next Steps in Faith by Youth Alive Australia

Perfectly Imperfect | Discovering Grace When Perfect Isn’t Possible, a 7-Day Devotional by Jacques McNeil

Seeing With Your Ears

THE RIPPLE EFFECT: The Art of Discipleship
