YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

5 Mini-oordenkings vir kindersSample

5 Mini-oordenkings vir kinders

DAY 4 OF 5

### Soek ook na die versteekte seëninge Ek weet dit lyk soos My skuld wanneer die lewe moeilik is. Jy dink dalk Ek weet nie wat Ek doen nie! Maar soms laat Ek toe dat dinge moeilik raak, want dit gee jou geloof die kans om te groei. Wanneer jy deur moeilike tye gaan, is dit eintlik ’n seën, want dit gee vir jou die kans om nog meer in My te glo. Wanneer moeilike tye dus kom, gaan staan eers stil en onthou dat Ek belowe het om alles reg te laat uitwerk. Liewe Here, ek weet ek is soms ondankbaar wanneer die lewe moeilik raak … Help my om te sien dat U vir my sterker geloof gee wanneer daar moeilike dinge in my lewe gebeur. Amen
Day 3Day 5

About this Plan

5 Mini-oordenkings vir kinders

God weet hoe jy voel! Hy gee regtig om vir jou! Hierdie vyf kort dagstukke is geskryf asof God direk met jóú praat. Jou verhouding met God sal elke dag verdiep wanneer jy sien hoe lief Hy vir jou is en besef dat Hy altyd...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy