YouVersion Logo
Search Icon

5 Mini-oordenkings vir kindersSample

5 Mini-oordenkings vir kinders

DAY 1 OF 5

Tel jou seëninge

Ek wil hê jy moet altyd dankbaar wees vir alles wat jy het. Jy moet onthou dat Ek altyd na maniere soek om jou te seën.

Terwyl jy wag dat Ek jou gebede moet antwoord, wil Ek hê jy moet na maniere soek hoe jý ’n seën vir ander mense kan wees. Elke keer wat Ek jou seën, gee Ek vir jou ’n klein stukkie van die hemel hier op aarde. Jy kan ook vir ander mense tot seën wees en vir hulle ’n stukkie van die hemel wys.

Here, help my om ’n seën vir ander mense te wees. Help my om te vertrou dat U in al my behoeftes sal voorsien. Amen

Scripture

About this Plan

5 Mini-oordenkings vir kinders

God weet hoe jy voel! Hy gee regtig om vir jou! Hierdie vyf kort dagstukke is geskryf asof God direk met jóú praat. Jou verho...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy