YouVersion Logo
Search Icon

Kom, Here Jesus, KomSample

Kom, Here Jesus, Kom

DAY 40 OF 43

Lees: 1 Tessalonisense 5:1-11

SOAP: 1 Tessalonisense 5:9-11

God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word. Hy het ter wille van ons gesterwe, sodat ons, of ons by sy koms nog lewe of reeds dood is, saam met Hom kan lewe. Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soo julle trouens reeds doen.

Oordenking

Die toorn van God wat vir ons bestem was as gevolg van ons sonde, is eerder op Christus aan die kruis uitgestort. Hy het ons sondes gedra (1 Petrus 2:24). God het sy toorn op Jesus aan die kruis uitgestort in plaas van op ons, sondaars wat sy toorn verdien.

Voordat God se toorn oor die aarde kom, sal ongelowiges valslik oor vrede en veiligheid praat, sonder om te weet dat God se toorn om die draai is. Die Bybel beskryf hierdie dae as kraampyne voor ’n vrou geboorte gee. Die sametrekkings neem toe beide in erns en gereeldheid, hoe nader ons aan die koms van die baba is, of in hierdie geval, die koms van God se koninkryk.

Hoe leef ons in die lig van hierdie toekomstige gebeure? Ons bemoedig mekaar. Ons wat sy Naam dra, is kinders van die dag. Ons leef lewens wat selfbeheersd is, vol geloof en liefde. Ons geloof in God en ons liefde vir ander beskerm ons harte, en die versekering en hoop van ons redding beskerm ons verstand. Ons kan sonder vrees na die toekoms kyk. Wanneer die lewe moeilik is en ons hartseer, moeilikheid of verraad ervaar, gee ons nie op en verloor ons nie moed nie. Hoekom? Omdat ons weet God het ons lief en ons toekoms is veilig in sy almagtige hande.

In die lig van hierdie waarheid, bemoedig mekaar. Dra mekaar se laste. Bly in die Woord van God en laat elke dag saakmaak.

Gebed

Liewe Here, gee my woorde om diegene om my op te bou. Help my om vrygewig te wees met my bemoediging en lei my na diegene wat ek moet bemoedig en gee my die regte woorde om te sê. Help my om ’n beter bemoediger te wees in hierdie laaste dae. Wys my hoe ek u hande en voete kan wees vir diegene wat dit nodig het. Dankie, Jesus, vir hoe U ons liefhet en onderhou. Dankie dat U God se toorn aan die kruis gedra het. U is wonderbaarlik in elke opsig! Tot die dag wanneer ons U van aangesig tot aangesig kan sien, bid ons, kom Here Jesus, kom. Amen.

About this Plan

Kom, Here Jesus, Kom

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vrees, misleiding en onenigheid. Kyk ons na die toekoms, voel baie van ons wanhopig. Die antwoord is God. God is ons hoop en ons bestemming.

More