Oomblikke Van StilteSample

Ruimskoots
Een van die gedagteprentjies wat ek koester, is dié van ’n pa wat op ’n markplein in Nazaré, ’n Portugese kusdorp, sit. Rondom hom staan vier seuntjies in afwagting – hul koppe vooroor om te sien wat hul pa in sy vuis toevou. En dan maak hy sy vingers wyd oop. Op sy palm lê vier sakkies. In elkeen is ’n paar klein vishoeke, sinkers en ’n opgerolde vislyn aan ’n plankie. Die seuntjies is in ekstase. Hulle glimlag elkeen by die wete: Pa is lief vir mý!
Hierdie prentjie herinner my aan ons hemelse Vader wat sy hand oopmaak en ruimskoots aan sy kinders uitdeel – dit wat hulle nodig het – en nóg. Meer as genoeg!
Dit neem nie die feit weg dat daar moeilike tye in ons elkeen se lewe is nie. Daar is tye waarin ons wanhoop aan God se teenwoordigheid. Ons wonder of Hy ons gebede enigsins hoor en of ons vir Hom saak maak. Ons kan egter weet: Hy is daar. Ons is nie ’n oomblik uit sy gedagtes nie. Hy wil ons ruimskoots seën. Met die allerbeste. Met dit wat mot en roes nie sal verniel nie.
Saam met sy seën kom ook ’n opdrag. Soms gee Hy net vir ons ’n hoek en sinker. Hy wil hê ons moet uitgaan en self gaan visvang. In die uitvoer van sy opdrag is verdere seën opgesluit. Ons moet in afwagting op Hom as Vader bly leef – net soos die klein seuntjies met hul oë op hul pa se toegevoude vuis.
Vader, baie dankie vir u troue sorg. Amen
Scripture
About this Plan

God se stem word nooit stil nie. In baie situasies moet ons net leer om sy stem tussen die baie ander stemme te herken. Daarvoor moet ons stil raak en fokus op sy nabyheid. God se stem word nooit stil nie en Hy verlang dat ons sal antwoord: “Praat, Here. Hier is ek. Ek luister.” Hierdie oordenkings is geneem uit OOMBLIKKE VAN STILTE deur Lizette Murray.
More
Related Plans

Homesick for Heaven

Stormproof

Greatest Journey!

Praying the Psalms

Holy, Not Superhuman

Faith in Hard Times

God Says I Am: Embracing Peace & Walking in Power

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ

Stop Living in Your Head: Capturing Those Dreams and Making Them a Reality
