YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Oomblikke Van StilteSample

Oomblikke Van Stilte

DAY 1 OF 5

Die stem van liefde Ek sê onlangs vir ’n bejaarde persoon wat baie moeilik hoor: “Ek is lief vir jou.” Sy hoor egter: “Ek bring ’n video vir jou.” Sy knik ordentlik-dankbaar, maar nie juis entoesiasties nie. Sy moes gewonder het hoekom ek dit sou wou doen. Hoe sal sy in haar versorgingsoordkamertjie na ’n video kan kyk? En boonop het sy nie eers ’n videomasjien nie. Wat nog te sê ’n DVD-speler! Ek het toe hard en duidelik-afgemete my sinnetjie herhaal. “Ek is lief vir jou.” Ons het albei gelag, maar tog het ek verleë gevoel. Met die terugry het ek besef: ’n Mens skree nie vir iemand dat jy hom of haar liefhet nie. Liefde is iets innigs. ’n Mens fluister dit met piëteit. God verklaar sy liefde in stilte aan ons. Dikwels hoor ons sy stem doodeenvoudig nie bokant al die gekletter en geklater in ons lewens nie. Ons doof stilte met geluide en besigwees en aanhoudende internetstemme op sosiale media uit. Ons maak nie plek vir die intieme oomblikke van saamwees met Hom nie. Daarom hoor ons nie sy fluistering in die windstilte nie. Here, U is heilig. Tog het U ons lief. U praat met ons in oomblikke van stilte wanneer ons geloofsoë en -ore op U ingestel is. Dankie dat u stem helderder in die stilte weerklink as in ’n aardbewing of stormwind. Amen

Scripture

Day 2

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy