Wanneer ’n Geliefde SterfSample

Hulle kon nie groet nie
Hoekom was Maria Magdalena by die graf nog voor dit lig geword het? Want sy kon Jesus nie groet toe Hy gesterf het nie. Al was dit te laat om nou te probeer groet, het sy nog steeds daardie hartsbegeerte gehad om te wil groet en afskeid te neem.
Dis baie swaar, maar ook baie genesend om in iemand se sterwensoomblik by hom of haar te wees. Jy kan ’n hand vashou. Jy kan iets sê, selfs al kan jou geliefde dit nie meer hoor nie. Almal wat daar is, kan saam huil en groet. Dan kan jy ook die werklikheid beter aanvaar dat jou geliefde regtig dood is en dit voel nie so onwerklik nie.
Die omstandighede rondom Jesus se begrafnis herinner nogal aan COVID. Jesus se geliefdes word weggejaag by die kruis en ander “begrafnisondernemers” begrawe Hom, nogal ordentlik, maar sonder sy geliefdes.
As jy só moes groet, gaan dit ekstra swaar wees. Jy kon nie die kosbare groetoomblik beleef nie. Daar is soveel wat jy nog vir oulaas sou wou sê. Jesus sal jou daarmee moet help, maar op ’n ander manier as vir Maria. Sê dus nou vir Hom wat jy nog wou gesê het, en Hy sal die boodskap oordra. Of skryf dit vir jou geliefde en lees dit selfs hardop vir hom of haar. Dis genesend.
Wat sou jy nog alles vir jou geliefde sê as jy kon?
Here, ek kon nie ordentlik groet nie. Ek wens nou dat ek meer kon gesê het en my geliefde meer kon gehoor het. Maar U hoor ons gemoedswoorde. Dankie dat ek alles wat ek so graag wou sê nou vir U kan sê. Dankie dat U verstaan. Amen.
Scripture
About this Plan

Wanneer ’n geliefde sterf, word ons wêreld onderstebo gekeer. En terwyl ons as Christene die troos het om te weet dat ons die ewige lewe saam met God en ons geliefdes gaan deurbring, bly dit menslik om te rou oor hierdie verlies. In hierdie 7 dagstukke, geneem uit WANNEER ’N GELIEFDE STERF, lei dr. Henk Gous jou deur hierdie donker tyd sodat jy jou gemoed kan begin kalmeer.
More
Related Plans

Inspire 21-Day Devotional: Illuminating God's Word

One New Humanity: Mission in Ephesians

Losing to Win, Serving to Lead, Dying to Live

Holy, Not Superhuman

Forever Forward in Hope

Strategy: The Strategic Faith of Caleb in Overcoming the Giants – a 5-Day Devotional by Allma Johnson

What Does God Want Me to Do Next?

Lead Boldly: Leading From Wholeness, Not Wounds

Is God Enough?—Encouragement From David’s Psalms
