Wanneer ’n Geliefde SterfSample

Gaan ek ooit weer vrede ervaar?
Vrede verdwyn as ’n mens diep hartseer is. Vrede — kalmte van gemoed — is skaars tydens rousmart. Maar vrede in sy volle betekenis, naamlik dat alles in orde is, is dan amper onmoontlik, want die groot leemte maak die lewe mos nié in orde nie.
Gemoedskalmte voel beslis onmoontlik. Juis die teenoorgestelde is waar: Jy beleef ontsteltenis, hartseer, pyn, magteloosheid, woede. Dis nie vrede nie! En die belofte van Filippense 4:7 voel heeltemal onbereikbaar. Dit voel nou eerder soos “onrus wat meer is as wat ’n mens kan dink”. Hoe kry jy vrede?
Voor die belofte van vers sewe, kry ons ’n metode, en dit is om vir God van alles te sê wat ons nodig het. Dit beteken dat elke gebedsgesprek jou ’n bietjie nader aan daardie vrede gaan bring. Gebed aktiveer die krag van God wat my smekinge ’n werklikheid sal maak.
Natuurlik gaan een gebed nie onmiddellike vrede bring nie. Tog bring elke gesprek met die Here ’n stukkie kalmte. Jy kan die vrede wat jy op ’n spesifieke oomblik beleef, weer verloor, maar jy gaan dit beslis weer terugvind. Dis die belofte.
Watter dinge is daar in jou gemoed waarvan jy die Here moet vertel voordat jy vrede gaan ervaar?
God van vrede, kan ek asseblief die lang lys dinge wat my ontstel een vir een vir U opnoem? Ek wil dit hardop sê sodat dit meer afgehandel voel. Sal U my dan asseblief u vrede gee? Amen.
Scripture
About this Plan

Wanneer ’n geliefde sterf, word ons wêreld onderstebo gekeer. En terwyl ons as Christene die troos het om te weet dat ons die ewige lewe saam met God en ons geliefdes gaan deurbring, bly dit menslik om te rou oor hierdie verlies. In hierdie 7 dagstukke, geneem uit WANNEER ’N GELIEFDE STERF, lei dr. Henk Gous jou deur hierdie donker tyd sodat jy jou gemoed kan begin kalmeer.
More
Related Plans

Inspire 21-Day Devotional: Illuminating God's Word

One New Humanity: Mission in Ephesians

Losing to Win, Serving to Lead, Dying to Live

Holy, Not Superhuman

Forever Forward in Hope

Strategy: The Strategic Faith of Caleb in Overcoming the Giants – a 5-Day Devotional by Allma Johnson

What Does God Want Me to Do Next?

Lead Boldly: Leading From Wholeness, Not Wounds

Is God Enough?—Encouragement From David’s Psalms
