YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Voordele Van Bybelse GemeenskapSample

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

DAY 1 OF 9

## Bybelse Gemeenskap: Een liggaam, baie lede Dit is so dat ons mense baie waarde heg aan ons onafhanklikheid. Ons wil nie in ‘n ander se oë hoef te kyk nie. Ons het ingekoop op die mite wat sê, as jy onafhanklik is, in alle opsigte, sal jy waarlik gelukkig wees. As dit waar is, hoekom is daar so baie mense wat dan so ongelukkig is? Die Here sê ons het die kop aan die stert beet; die sleutel tot geluk is nie onafhanklikheid nie, maar afhanklikheid van mekaar. Ons het mekaar nodig. Ons het gemeenskap in ons lewens nodig. Die Here het ons so bedraad dat ons nie alleen deur die lewe moet gaan nie, maar in gemeenskap met ander. Romeine 12 sê: “ Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. ” Ons het mekaar nodig. Die Here sê gemeenskap is nie opsioneel nie. Jy voel dalk nie so nie. Jy voel dalk dat jy nie ander mense in my lewe nodig het nie. Maar die waarheid is dat jy beslis ander mense in jou lewe nodig het, indien jy alles wil wees wat God wil hê jy moet wees. Die feit van die saak is dat jy nie God se doel met jou lewe op jou eie kan vervul nie, daar is nie ‘n manier nie. Ons het mekaar nodig en ons behoort aan mekaar as die liggaam van Christus.

Scripture

Day 2

About this Plan

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy