YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Ek Wat Ek Wil WeesSample

Die Ek Wat Ek Wil Wees

DAY 1 OF 10

Hy was alleen. Dit was aand en pikdonker en hy was bang. Hy het probeer om sy vrese te onderdruk deur vir homself te sê, hy is alleen, en solank as wat hy alleen is sal niks met hom gebeur nie. Skielik gryp iemand hom van agter en gooi hom op die grond neer. Hy probeer terugveg. Hy het sy lewe lank hard gewerk, dus is hy sterk, maar sy opponent is sterker as hy. Hulle baklei en worstel deur die nag, maar nie een kry die oorhand in die geveg nie. Wie is hierdie persoon, het hy gewonder? Wie is dit wat SO sterk is? Waar kom hy vandaan en hoekom wil hy met my baklei? Toe, met die eerste strale van die sonsopkoms, voel hy hoe die vreemdeling sy been uit sy greep losruk, opstaan en hom in die oë staar. Die twee mans, moeg en natgesweet, staar mekaar aan met die respek en agting wat jy vir ‘n opponent het wat jy nie kan wen nie, maar wat jou ook nie kan oorwin nie. Hy het geweet hy sal nooit weer dieselfde wees as voor die ervaring nie. Dit klink dalk soos ‘n storie uit ‘n rolprent. Maar dis ‘n verhaal uit die Bybel. Genesis 32. Die storie van Jakob wat met ‘n vreemdeling geveg het en in daardie oomblik het sy siening oor wie hy is, hoe die wêreld hom sien, en hoe hy ervaringe interpreteer, verander. Dit word deur baie Jakob se bekeringservaring genoem. Die oomblik toe hy homself gesien het vir wie hy werklik is, en in die proses ‘n identiteit as ‘n man van God aangeneem het. Ons almal het ervaringe op ons geloofsreis wat ons gedagtes en idees oor goed verander – die Bybel noem dit bekering – dus kan ons ook hierdie ervaring van Jakob op ons lewe van toepassing maak. Dit kan ons help om eerlik te wees oor wie ons is, en net soos Jakob, ’n nuwe naam en identiteit ontvang wat God se wil en doel vir ons sal weerspieël.

Scripture

Day 2

About this Plan

Die Ek Wat Ek Wil Wees

"Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen[Godgegewe identiteit]. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy sel...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy