Die Grootste GeskenkSample

Elke Volmaakte Geskenk
Lees: Lukas 11:1–13; Jakobus 1:17
SOAP: Jakobus 1:17
“Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.”
Oordenking
In vandag se Skrifgedeelte moedig beide Jesus en Jakobus ons aan om met ons diepste behoeftes tot God te nader en te glo dat Hy met goeie en volmaakte gawes sal reageer, omdat God goed is, en omdat sy karakter nie verander wanneer ons omstandighede verander nie.
Die vroeë Christelike kerk aan wie Jakobus geskryf het, het versprei weens vervolging. In sy brief herinner hy hulle daaraan dat, as hulle deur allerhande beproewinge styf vashou aan hulle geloof, dit volharding sal meebring. Diegene wat God vir wysheid gevra het, moes met vertroue vra, met geloof wat nie wankel of twyfel nie.
In Lukas lees ons dat Jesus se dissipels Hom gevra het om hulle te leer bid. Jesus bied hulle nie net 'n model gebed nie, maar ook 'n blik op die aard en karakter van God. Jesus het vir hulle gesê: “Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word.” (Lukas 11:9). Ons Vader is lief vir sy kinders, en alhoewel Hy reeds alles van ons weet, wil Hy hê dat ons Hom sal nader en vra vir gawes wat strook met sy wil en wat sy koninkryk sal bevorder.
As jou gebede nie beantwoord is soos jy dit wou hê nie, vertrou en glo dat God slegs geskenke gee wat strook met sy karakter — en Hy is goed. Hy wil die beste vir jou hê. Jakobus noem God "die Een wat die hemelligte geskep het." Mag elke kersliggie wat jy gedurende hierdie kerstyd sien, jou herinner dat God se weë beter is as jou weë, dat Hy onveranderlik is en dat Hy jou so lief het dat Hy jou niks anders kan gee as die die beste — selfs al is dit nie wat jy verwag het nie.
Gebed
Here, dankie dat U my genooi het om in gebed na U te kom met die diepste begeertes van my hart, die plekke waar ek swak en magteloos voel en u voorsiening nodig het. Terwyl ek kersliggies ophang of na my bure s’n kyk, mag ek daaraan herinner word dat alle goeie en volmaakte geskenke van U afkomstig is en dat U my liefhet. Amen.
Scripture
About this Plan

Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More
Related Plans

A Spirit-Filled Moment: Encountering the Presence of God

LIVING LETTERS: Showing JESUS Through Your Life

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (6 of 8)

A Spirit Filled Moment

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (5 of 8)

Biblical Marriage

The Heart Work

Christian Forgiveness

Be Good to Your Body
