YouVersion Logo
Search Icon

Geloof Bo VolmaaktheidSample

Geloof Bo Volmaaktheid

DAY 26 OF 43

Lees: Genesis 22:20–24; Hebreërs 11:8–12

SOAP: Hebreërs 11:8–10

Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom. Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was, want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is.


Oordenking

Die laaste sinne van Genesis 22 begin 'n oorgangsgedeelte in die vertelling, aangesien die fokus nou verskuif van die lewe en geloof van Abraham na sy seun Isak. Ons word in hierdie kort geslagsregister van die nasate van Nahor herinner aan die oorspronklike gehoor vir die boek. Genesis is deur Moses geskryf aan die generasie Israeliete wat die Beloofde Land sou binnegaan. Nadat die Israeliete van slawerny in Egipte bevry is en veertig jaar lank in die woestyn gedwaal het weens ongehoorsaamheid, was hulle uiteindelik gereed om die land in besit te neem wat God belowe het om aan hulle voorvader Abraham te gee.

Hierdie gedeelte verskuif van Abraham na Isak, aangesien dit 'n opmerking bevat oor van waar Rebekka, die vrou van Isak, vandaan kom. Sy was uit die familie van Abraham se broer, Nahor, en het getoon hoe die nalatenskap van Abraham se familie met sy seun Isak sou voortduur. Met die groei van Nahor se gesin het God ‘n manier voorsien om die belofte deur Isak voort te laat gaan as Abraham en Sara nie meer daar is nie.

Die skrywer van Hebreërs bied 'n samevatting van Abraham se lewe en geloof. Terwyl ons aan die einde van die Abrahamitiese verhaal in Genesis kom, wys Hebreërs 11 ons hoogtepunte van Abraham se geloof in God se belofte. Alhoewel hy oorwinnings sowel as verliese gehad het, het Abraham uitgesien na God se belofte. Alhoewel sommige van sy misstappe pogings was om die belofte te bewaar, het God altyd ingetree as die held van die verhaal.

Abraham se nalatenskap van geloof was wat hy aan Isak, sy geliefde seun, die erfgenaam van die belofte, kon oordra. Op dieselfde manier as wat van Abraham verwag was om vertroue te hê dat God sou doen wat Hy belowe het, moes Isak ook geglo het. Alhoewel Isak voor ander omstandighede as Abraham te staan gekom het, sal ons ook sien hoe hy beide sterk geloof gehad het en ook op sy eie metodes vertrou het. Ongeag hul foute, het beide Abraham en Isak geglo dat hulle die belofte sou ontvang omdat hulle geloof in die Beloftehouer gehad het.


Gebed

Vader God, ek weet U sien elke besonderheid van my lewe. Vergewe my vir die tye wat my geloof nie net op U gerig is nie. Ek weet U alleen bou vir my 'n toekoms wat goed is. Dankie dat u voorbeelde gee van geloof, nie volmaaktheid nie. Amen.



About this Plan

Geloof Bo Volmaaktheid

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)

More