Elke Dag Saam Met GodSample

Die ongemaklike uitdaging
’n Onmoontlike uitdaging lei tot beserings. Dis hoe baie mense in die hospitaal beland. Hulle het teen hulle gesonde verstand in iets probeer doen waartoe ’n vriend hulle uitgedaag het. Dis veral groepsdruk of drank wat mense dom goed laat doen. Maar is die uitdaging “Wees heilig, want Ek is heilig” regtig moontlik? Dis mos onmoontlik om so heilig soos God self te wees. Hoekom vra Hy dit dan?
So iets kan dan regtig tot “beserings” lei, nie die tipe beserings wat mens in die hospitaal laat beland nie, maar beserings in my geloof, my selfbeeld, in die kerk, as ons die onmoontlike van gelowiges vra. Hierdie opdrag is veral gevaarlik vir iemand wat perfeksionisties is. Perfeksionisme steel lewensvreugde, want ek mag net die volmaakte geniet. Perfeksionisme steel geloofsvreugde, want niks is ooit goed genoeg vir die Here nie. Maar dis misverstaan. Om heilig te wees, moet ’n ideaal wees, nie ’n eksamenvereiste nie. Dis bedoel om my te laat droom: Ek wil graag na my hemelse Vader aard. Ek wil graag iets van sy geaardheid vandag uitleef. Begin droom hieroor.
Levitikus 11:44 is ’n opdrag van toewyding. Toewyding is om ’n ideaal na te streef.
Scripture
About this Plan

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.
More
Related Plans

What Does God Want Me to Do Next?

Rescue Breaths

Season of Renewal

Managing Your Anger

The Lord Speaks to Samuel

Leading Wholeheartedly

One New Humanity: Mission in Ephesians

Psalm 2 - Reimagining Power

FruitFULL : Living Out the Fruit of the Spirit - From Theory to Practice
