Elke Dag Saam Met GodSample

Kruisdra: Jesus se belofte
Die meeste mense smag vandag net daarna om gelukkig te wees. Hulle wil net hê hulle kinders “moet gelukkig wees”. Maar dan gebeur dit nie, of hulle ervaar net vir ’n kort rukkie geluk. Dán is mense ontevrede!
Nêrens in die Bybel belowe Jesus geluk nie. Hy beloof kruisdra vir sy navolgers, en eers daarná vreugde. Sy belofte is eerlik en dit is dat ek ná swaarkry en my lewe “verloor” wel egte vreugde kry. Dis dieselfde pad as wat Jesus self geloop het: Daardie pad van uitgestelde vreugde, maar dan egte, permanente vreugde.
Verkeerde verwagtings maak my (en my kinders) ontevrede. Kyk eerlik na jou eie verwagtings. Kruisdra beteken beslis nie geen swaarkry nie. Maar kruisdra gee uiteindelik die ware lewe.
Lees weer Matteus 16:24-25 en kies vandag nog hierdie vreemde lewensdoel naamlik kruisdra.
Hierdie oordenkings is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD deur Henk Gous © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Scripture
About this Plan

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.
More
Related Plans

What Does God Want Me to Do Next?

Rescue Breaths

Season of Renewal

Managing Your Anger

The Lord Speaks to Samuel

Leading Wholeheartedly

One New Humanity: Mission in Ephesians

Psalm 2 - Reimagining Power

FruitFULL : Living Out the Fruit of the Spirit - From Theory to Practice
