Hy Is My HoopSample

Waag die kans
As ’n Christen moet ek bely daar is nie in my lewe iets soos “hoop vir die beste” nie. Ek bid, lees God se Woord en doen dan presies wat God vir my in sy Woord sê ek moet doen. Ek sê ook altyd vir God dankie vir sy genade en barmhartigheid. Ek weet God sal alles ten goede laat meewerk, wat ook al gebeur.
Wanneer ons swaarkry en nie die lewe verstaan nie, kan ons dit waag om soos Job te sê: “God kan my maar tref, maar ek het geen ander hoop nie. Ek gaan my saak voor Hom stel” (13:15). Aan die einde van sy lewe het Job dubbel soveel ontvang as wat hy verloor het.
Ek weet daar is nie iets soos toeval of bygelowe in God se beplanning nie. Alles werk uit soos dit moet, met ’n rede, en God is ten volle in beheer van alles.
Ons moet egter ook onthou ons leef in ’n stukkende wêreld. Daarom kan alles nie altyd verloop soos ons dit sou wou hê nie. Maar selfs wanneer ’n tragedie ons tref, kan God die oorwinning behaal en die slegte in die goeie verander (Rom. 8:28). Die Bybel sê in Johannes 12:24: “Ek verseker julle, as ’n graankorrel nie in die grond val en sterf nie, bly hy net op sy eie bestaan; maar as hy sterf, lewer hy ’n groot opbrengs.” God self sal sorg vir die opbrengs.
Scripture
About this Plan

Hoop is van die uiterste belang in ons land en ons wêreld. Ons glo in ’n nuwe begin in ons land, in ons huise en in ons lewe. Daarom moet ons ons hoop volkome in die reddende, beskermende en onverdiende genade van Jesus te plaas. Stap in 7 dae saam met Angus Buchan en fokus op gedagtes oor hoop uit sy dagboek GENADEJAAR.
More
Related Plans

Overwhelmed, but Not Alone: A 5-Day Devotional for the Weary Mom

When You’re Excluded and Uninvited

Launching a Business God's Way

1 Corinthians

What Is My Calling?

Sharing Your Faith

God Gives Us Rain — a Sign of Abundance

Love Like a Mother -- Naomi and Ruth

All the Praise Belongs: A Devotional on Living a Life of Praise
