VriendskapSample

Hoe Vriendskap die Evangelie laat vertoon
Lees: Johannes 13:35, 2 Korintiërs 5: 18-20
SOAP: Johannes 13:35
As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.
Oordenking
Ons getuig teenoor die wêreld met meer as net ons woorde. Woorde is belangrik: ons moet die evangelie aan 'n vermoeide wêreld deel deur aan hulle die waarheid te vertel. Jesus het meer as dit gedoen. Hy het sy lewe op 'n manier geleef wat mense genooi het om Hom te volg. Hy het 'n gemeenskap van mense geskep wat so anders geleef het dat diegene rondom hulle verward, gefassineerd en soms kwaad was. Soos ons hierdie vreemde en radikale boodskap die wêreld in dra, kan ons mense die ware betekenis daarvan toon deur liefde vir mekaar te bewys.
Ons het die opdrag van God om verhoudinge te versoen. In 'n wêreld wat deur sonde bederf is, is selfopofferende liefde ongewoon. Ons individuele verhoudings met mekaar, ons kerke, ons kleingroepe en Bybelstudies, ons gemeenskappe — al hierdie verhoudinge kan getuig van die krag van die evangelie. Ons is nie op ons eie in staat om hierdie soort liefde wat vir mense sal wys dat ons Jesus se dissipels is, te toon nie. Met die krag van die Heilige Gees wat in ons lewens werk, kan ons die wêreld egter 'n tipe verhouding toon wat hulle nog nooit gesien het nie.
Gebed
Here, werk asseblief in my! Maak my meer soos u Seun, iemand wat oorweldigende liefde aan die wêreld betoon het. Help my om só lief te wees vir my broers en susters dat hulle deur my lewe sal sien wie U is. Amen.
Scripture
About this Plan

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.
More
Related Plans

Fearless in Battle

When God Speaks: What to Expect

Our Father...

All That Glitters: What the Bible Teaches Us About Avoiding Financial Traps

Engaging in God’s Heart for the Nations: 30-Day Devotional

Small Yes, Big Miracles: What the Story of the World's Most Downloaded Bible App Teaches Us

Live Well | God's Plan for Your Wellbeing

EquipHer Vol. 26: "How to Break the Cycle of Self-Sabotage"

THE BRAIN THAT SEEKS GOD: Neuroscience and Faith in Search of the Infinite
