VriendskapSample

Ontwerp vir Vriendskap
Lees: Genesis 1:26-27, 1 Johannes 1:3
SOAP: Genesis 1:27
God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.
Oordenking
Aan die begin van die Bybel kry ons 'n blik op hoe God ons geskep het. Ons is nie per ongeluk of sonder doel gemaak nie, ons is as beeld van God gemaak. Van alles wat God gemaak het, het Hy die mensdom gekies om te heers oor die skepping en om vir die wêreld te wys wie Hy is. Hierdie spesiale status beteken baie verskillende dinge, maar ons kan vir seker weet dat God ons gemaak het om in verhouding met ander te bestaan.
Ons God is drie-enig: drie in een. Een van die maniere waarop ons hierdie unieke (en dikwels verwarrende) werklikheid weerspieël, is dat ons gemaak is om in gemeenskap te leef met beide diegene wat anders en dieselfde is as ons. Selfs die feit dat God die mensdom as man en vrou geskep het, wys vir ons dat Hy Hom verheug in die mensdom se verskil in eenheid. Verhoudings met ander mense is nie opsioneel of onnodig nie. Ons het ander mense nodig, omdat God ons so gemaak het. Ons verhoudings kan onder druk geplaas word deur sonde — ons sonde, ander mense se sonde of die gebrokenheid van die wêreld rondom ons — maar verhoudings op sigself is goeie geskenke van God.
Gebed
Here, dankie dat U my as u beeld gemaak het. Dankie vir die verhoudings in my lewe. Help my om te onthou hoe belangrik hulle is, sodat ek ander mense kan behandel met die wete dat hulle ook as u beeld gemaak is. Amen.
Scripture
About this Plan

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.
More
Related Plans

Fearless in Battle

When God Speaks: What to Expect

Our Father...

All That Glitters: What the Bible Teaches Us About Avoiding Financial Traps

Engaging in God’s Heart for the Nations: 30-Day Devotional

Small Yes, Big Miracles: What the Story of the World's Most Downloaded Bible App Teaches Us

Live Well | God's Plan for Your Wellbeing

EquipHer Vol. 26: "How to Break the Cycle of Self-Sabotage"

THE BRAIN THAT SEEKS GOD: Neuroscience and Faith in Search of the Infinite
