In gesprek met my HereSample

As gelowiges saambid
Dit is nie vir alle mense ewe maklik om voor ander te bid nie. Dis nie nodig om so te stres as jy voor ander moet bid nie, skryf Rosalind Rinker in haar boek Communicating love through prayer.
Daar is ’n formule van vier punte wat jy kan toepas:
1. Jesus is hier (Matt. 18:19-20).
2. Help my, Here (Jak. 5:13-16).
3. Dankie Here (Fil. 4:4-7).
4. Help my broer (Mark. 11:22-25).
Wanneer jy weer gevra word om in die openbaar te bid, fokus op die feit dat Jesus self teenwoordig is en dat Hy onderneem om jou gebedsversoeke te hoor en te verhoor. Maak dan jou behoeftes aan Hom bekend, sê vir Hom dankie en tree vir ander in. Met hierdie formule kan jy nie verkeerd gaan nie.
Here Jesus, maak my kalm en bewus van u teenwoordigheid wanneer ek voor ander moet bid sodat ek met vrymoedigheid en sonder vrees met U kan praat. Amen.
About this Plan

Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n positiewe inspuiting vir jou gebedslewe! Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N LEWE NABY GOD deur Nina Smit.
More
Related Plans

7 Powerful Prayers for Women With Cancer

A Kid's Guide To: Doing Hard Things With God

The Key to the Future You Want

Meaningful Work in Seasons of Transition

I Said Yes to Jesus: A 5-Day Journey to Take Your Next Steps in Faith by Youth Alive Australia

Trusting and Showing Trustworthiness: A 3-Day Marriage Plan

Running Our Race - Who Am I? And Why Am I Here?

Called to Worship

Is There Hope for My Marriage? One Good Reason to Stay Together
