Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Ons kom hierdie lewe binne, nie volledig mens nie. Dink vir ʼn oomblik daaraan. ‘n Klein babatjie kan nog nie dink nie, kan nie praat nie, kan nie liefhê nie. Om die lewe te kan ervaar in sy volheid, is dit nodig dat hy/sy groei en iemand word wat hy/sy nie as baba is nie. Ons kan sê dat die mens eintlik ‘n wese in wording is.
Ons is “HUMAN BEINGS” en nie “HUMAN DOINGS” nie, maar eintlik is ons “HUMAN BECOMINGS.” Die proses om te word, hou nie op nie. Die oomblik wat jy ophou “word” (groei) mis jy wat jy kan word en kan wees.
As Christene wil ons soos Jesus word. Dit bewys dat ons in sy lewe wil deel. Dit is die lewe. Die kerkvader Iraneus het gesê “the Glory of God is a human being fully alive.” Daarom is een van die mees bekende metafore vir die lewe ‘n reis. Dit is ‘n reis waarop ons is om meer mens te word, meer onsself te word en meer soos Hy te word. Dan ervaar ons die lewe.
Ter Nadenke
Neem ‘n paar oomblikke en kyk terug na hoe jy die lewe ontdek het deur verskillende fasette en dimensies wat jou lewenspad gekruis het. Dinge soos om lief te hê, te vergewe, op te offer ens. Praat met Hom daaroor en deel ook jou begeerte om te groei met Hom.
Gebed
Here, gee my die genade om te ontwaak tot die lewe saam met U.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

The Key of Gratitude: Accessing God's Presence

Blessed Are the Spiraling: 7-Days to Finding True Significance When Life Sends You Spiraling

7 Ways to Grow Your Marriage: Wife Edition

NT One Year Video - Q1

A Word From the Word - Knowing God, Part 2

10-Day Marriage Series

Decide to Be Bold: A 10-Day Brave Coaches Journey

A Spirit-Filled Life

Standing Strong in the Anointing: Lessons From the Life of Samson
