ENFC Music - Vredevors DagstukkeSample

Vredevors
"Niks sal ons kan skei van sy liefde.
Geen verdrukking, emosie of swaard."
Daar is tye in ons lewens wanneer ons dalk voel asof ons vêr van God af is. Dalk is daar eksterne druk, vrees, of uitdagende situasies wat voor ons staan. Baie keer val die duiwel - of ons emosies - ons aan en dan voel dit soos ʼn muur tussen ons en God.
Daar is baie verskillende name vir God, maar ‘n naam wat baie min gebruik word is Vredevors. God word beskryf as ‘n kragtige vors - van vrede.
Deur die kruis van Jesus is daar nou niks wat ons kan skei van sy liefde nie. Geen eksterne verdrukking, geen interne emosie, en geen aanval van die vyand nie. Die God van vrede is 'n sterk verdediger - ‘n vors van vrede.
"Ek sal U prys met my hele hart,
Ek weet dat U is aan my kant.
Ek sal stewig staan op U, my rots.
Lewende Hoop,
My Vredevors."
Mag God Homself vandag aan jou openbaar as jou kragtige Vredevors!
About this Plan

Vredevors is die eerste EP van ENFC Music, wat dien as die aanbiddingspan van Every Nation Faith City. Deur dié 5 dagstukke wil ons jou saamneem op 'n reis deur die EP, oor hoe God oor ons voel, dat ons waarlik vry en vergewe is en soveel meer! Maar bo alles, om onsself te herinner dat God ons Vredevors is!
More
Related Plans

Evangelistic Prayer Team Study - How to Be an Authentic Christian at Work

Numbers: A Faithful God to Unfaithful People | Video Devotional

What Is a Home For?

Testimonies of Christian Professionals

The Gospel According to Mark: Jesus the Suffering Servant

The Artist's Identity: Rooted and Secure

HZY | BRP Week 3 - the Role of the Holy Spirit

7 Days of Strength for Life for Men

Tired of Comparing? Finding Your True Worth Beyond Numbers
