ENFC Music - Vredevors DagstukkeSample

Vergewe
"U soek nie net my woorde,
U soek my hart.
U klee my met verlossing,
In ruil vir my smart."
Het jy al ooit gevoel asof jy nie weet wat om te bid nie? Asof jy nie die regte “towerwoorde” ken om God se hart te draai nie?
Die liedjie "Vergewe" begin met ‘n herinnering dat God nie net ons “towerwoorde” soek nie - Hy soek ons hart. Net soos met enige ander verhouding in ons lewens, gaan dit nie net daaroor om die regte ding op die regte tyd te sê nie - dit gaan oor ons hart.
God soek ‘n hart wat oop en gebroke is teenoor Hom. Dit is vir Hom baie meer waardevol as gevleuelde woorde met verskuilde bymotiewe.
Die God van die ewigheid, wat alles oor ons weet — ons diepste drome, vrese, hope, en al ons sondes raaksien — het ons vergewe en ons sondes verruil vir verlossing.
Wanneer ons bewus word van hierdie vergifnis, het ons ‘n besluit om te neem. Hoe reageer ons teenoor Hom?
God soek ‘n eerlike reaksie op sy goedheid en guns, net soos ‘n bruidegom ‘n eerlike reaksie soek van sy bruid op die troudag. Ons is die bruid van Christus, en Hy soek nie net ons woorde nie, Hy soek ons hart.
U kan die hele Vredevors EP nou kry op alle musiek platvorms hier
About this Plan

Vredevors is die eerste EP van ENFC Music, wat dien as die aanbiddingspan van Every Nation Faith City. Deur dié 5 dagstukke wil ons jou saamneem op 'n reis deur die EP, oor hoe God oor ons voel, dat ons waarlik vry en vergewe is en soveel meer! Maar bo alles, om onsself te herinner dat God ons Vredevors is!
More
Related Plans

Loving Well in Community

Pray With Purpose: 3 Days of Collect Prayer

Connect With God Through Reformation | 7-Day Devotional

Go

BEMA Liturgy I — Part C

Journey Through Genesis 1-11

Romans: The Glory of the Gospel

Evangelistic Prayer Team Study - How to Be an Authentic Christian at Work

Revelation | Reading Plan + Study Questions
