Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesSample

Lees: 1 Johannes 1:1-4
SOAP - 1 Johannes 1:4
Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees.
Oordenking
Toe Jesus na die aarde gekom het was Hy nie 'n skim nie, maar God in die vlees. Mense kon Hom sien beweeg, Hom hoor praat en Hom aanraak. Dit wys dat Hy werklik verstaan het wat dit was om menslik te wees. Hy het die lewe met al sy vreugdes en pyne ervaar. Hy het geweet hoe dit was om misverstaan, alleen en ongemaklik te wees. Hy het dit alles gewilliglik deurgegaan, insluitende die dood, vir almal wat sou glo.
Johannes het uitgewys dat ons verlossing slegs deur Jesus kom. Hierdie feit moet ons bly maak. Wanneer alle ander dinge in hierdie lewe faal, kan ons hoop en vreugde vind in die wete dat Jesus gekom het om sondaars te red en dat sy verlossing nie kan faal nie.
Gebed
Here, ek loof U vir die uiterste waartoe U gegaan het om my te red. Ek bid dat U my grootste skat sal wees en dat die kennis van alles wat U vir my gedoen het, my grootste vreugde sal wees. Amen.
Scripture
About this Plan

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. Hierdie studie ondersoek hoe die liefde van Christus ons nie net verander nie, maar ook die wêreld verander deur ons gehoorsaamheid aan sy opdragte.
More
Related Plans

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

Ruth | Chapter Summaries + Study Questions

FruitFULL - Faithfulness, Gentleness, and Self-Control - the Mature Expression of Faith

Faith in Hard Times

Let Us Pray

Homesick for Heaven

The Lies We Believe: Beyond Quick Fixes to Real Freedom Part 2

Judges | Chapter Summaries + Study Questions

Stormproof
